Politokrasie: ’n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ’n antwoord daarop
366 pages
English

Politokrasie: ’n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ’n antwoord daarop , livre ebook

YouScribe est heureux de vous offrir cette publication
366 pages
English
YouScribe est heureux de vous offrir cette publication

Description

ng van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ’n antwoord daaropdeur Koos Malan2011ISBN: 978-0-9869857-3-7Bladsye: 358Print weergawe: BeskikbaarElektroniese weergawe: Gratis PDF beskikbaar Laai die boek afMeer oor die publikasie‘n Meesterlike opsomming van die geskiedenis van die Westerse staatsfilosofie, staatkunde en staatsreg lei ‘n diepgaande en ongemaklike ontleding van die moderne territoriale staat in. Is ‘demokrasie’ in ‘n heterogene gemeenskap met ‘n getalsterke meerderheid nie noodwendig gelykstaande aan die verdrukking van minderhede nie? Kan menseregte en die howe minderhede se eiesoortigheid doeltreffend beskerm? Prof Malan bied sy gedeeltelike oplossing van ‘tuistelike gemeenskappe’ – vrywillige groeperinge van eendersgesindes wat op verskillende grondslae gevorm kan word – geensins voorskriftelik aan nie, maar as ‘n prikkelende stuiwer in die armbeurs wat op sowel akademiese vlak asook in die politieke praktyk tot ernstige besinning en debat aanleiding sal gee.– Eberhard Bertelsmann, Hooggeregshof, PretoriaWordt de klassieke trias “monarchie, aristocratie, democratie” binnenkort aangevuld met een vierde type, namelijk de politocratie ? Of vervangen we laatstgenoemde maar beter door deze verder geëvolueerde vorm, waarin de diversiteit van onze samenleving een meer correcte representatie vindt ? Koos Malan slaagt erin ons aan het denken te zetten over de weg die de moderne staat gevolgd heeft, en doet dit aan de hand van de meest gezaghebbende auteurs uit verleden en heden. Bovenal is het echter zijn eigen analyse die de lezer voortstuwt, niet alleen in de richting van nieuwe namen, maar vooral in de richting van verbeterde realiteiten.–Frank Judo, advokaat, BrusselDie skrywer toon aan dat die moderne territoriale staat in werklikheid nie die nodige erkenning aan verskillende taal-, kultuur- en godsdiensentiteite binne die staat verleen nie. Hy bied deurdagte, praktiese en prikkelende voorstelle vir die moontlike oplossing van probleme juis ondervind in state waarin sterk minderheids- en kulturele groepe hulself voordoen. Sy beskrywing van politokrasie wat op daadwerklike demokrasie neerkom, verdien daadwerklike en diepsinnige oorweging.–George Barrie, Universiteit van Johannesburg

Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 01 janvier 2011
Nombre de lectures 0
EAN13 9780986985737
Langue English
Poids de l'ouvrage 1 Mo

Extrait

Politokrasie ’n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ’n antwoord daarop
KOOS MALAN
2011
Politokrasie: ’n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ’n antwoord daarop
Gepubliseer deur: Pretoria Universiteitsregspers (Pretoria University Law Press — PULP) Die Pretoria Universiteitsregspers (PULP) is ’n uitgewer by die Regsfakulteit van die Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika. PULP poog om innoverende, hoë-kwaliteit akademiese werke oor die reg in Afrika te publiseer en te versprei. PULP publiseer ook ’n reeks versamelings publiekreg-verwante regsdokumente in Afrika, sowel as ’n reeks regshandboeke uit verskeie Afrikastate. Hierdie boek is voor publikasie deur eweknieë gekeur. Vir meer inligting oor PULP, raadpleeg www.pulp.up.ac.za
Gedruk en gebind deur: ABC Pers Kaapstad
Vir bestellings, kontak: PULP Fakulteit Regsgeleerdheid Universiteit van Pretoria Suid Afrika 0002 Tel: +27 12 420 4948 Faks: +27 12 362 5125 pulp@up.ac.za www.pulp.up.ac.za
Omslag: Yolanda Booyzen, Sentrum vir Menseregte
Kunswerk: Die Korporaalskap van Frans Banning Cocq en Luitenant Willem van Ruytenburch maak hulleself gereed, bekend as ‘Die Nagwag’ deur Rembrandt (1642)
ISBN: 978-0-9869857-3-7
© 2011
THE W ORLD BANK Washington, D.C.
Hierdie titel is deel van die Oppergesag van die Reg in Afrika-reeks, gefinansier deur die Wêreldbank.
1 2
3
4
5
6
7
VOORWOORD
INHOUD
DANKBETUIGING
STAATLIKHEID
REPUBLICA CHRISTIANA- DIE VOORGANGER VAN STAATLIKHEID 1 Godsdienstige identiteit 2 Middeleeuse konstitusionalisme
VERVAL EN WEGBEREIDING: DIE VERVAL VAN DIEREPUBLICA CHRISTIANAEN DIE NADERENDE KOMS VAN STAATLIKHEID 1 Sekularisasie, Renaissance en Humanisme 2 Politieke en regsdenke 3 Staatsvorming 4 Reformasie 5 Impasse
DIE GRONDLEGGING EN DIE GRONDLEGGERS VAN STAATLIKHEID 1 DiePolitiques, Michel de l’Hôpital en Jean Bodin 2 Thomas Hobbes en die geboorte vanLeviatan, die sterflike god 3 John Locke, die konstitusionele voortsetting van Thomas Hobbes 4 Interstaatlikheid en Hugo de Groot
DIE STAATLIKE PARADIGMA 1 Die hoofbakens van die staatlike paradigma 2 Die dinamika van paradigmas
STAATLIKE IDENTITEIT: DIE STERFLIKE GOD KRY ’N GEMEENTE VAN AANBIDDERS – DIE NASIE 1 Staatsbou gedrapeer as nasiebou - Hobbes, Rousseau en daarna 2 Die dwanglogika van nasiebou 3 Sagter vorme van nasiebou 4 Staatsbou-regsdenke 4.1 John Rawls 4.2 Nasiebouregspraak, Ronald Dworkin en regsbeginsels
v
vii
1
11
11 21
33
33 36 43 51 57
65
65 75
85
94
99 99 116
127
127
142 153 155 156 165
STAATLIKE DEMOKRASIE175 1 Staatlike demokrasie - demokrasie mak gemaak175 deur die staatlike paradigma 2 Demokrasie as legitimiteitsfiksie190 3 Prekariokrasie en gelykheid193
iii
8
9
10
4
Massokrasie, diedemokrasievan die territoriale200 staat
MENSEREGTE – DIE SORGSAME STAAT 1 Simbiose 2 Op die spoor van die ontwikkeling van menseregte 3 Die staatlik-paradigmatiesepolitiekvan menseregte 3.1 Die besondere posisie van sosiale en ekonomiese regte 3.2 Horisontaliteit en die ideologiese ommekeer van menseregte 3.3 Die disharmonie en agterdog van menseregte 3.4 Die staatlike orde en die prominensie van die juristeklas 3.5 Menseregte, bron vanʼndie ideologie van afhanklikheid
207 207 209
217
222
225
228 230
235
GREPE UIT DIE REG KRAGTENS DIE241 STAATLIKE PARADIGMA 1 Inleiding241 2 Die onskendbaarheid van die staat: Hoogverraad242 3 Die onskendbaarheid van die staat:250 (Territoriaal-) staatlike selfbeskikking 3.1 Geskiedenis 253 3.2 Ontleding 257 3.3 Staatlike versus nasionale selfbeskikking: die 265 domestiserende konsep van selfbeskikking
POLITOKRASIE 1 Inleiding 2 Politokrasie 2.1 Basiese grondslag 2.2 Uiteensetting 2.2.1 Die sentrale belang van gemeenskappe 2.2.2 Meervoudige openbare identiteite en regeringsfere 2.2.3 Subsidiariteit en Korreksie 3Res publica/ Gemenebes 3.1 Eienskappe vanʼnres publica 3.2 Dieresvan dieres publicae4 Burgers -politai 4.1 Burgers teenoor individue;res publicaeteenoor die private domein 4.2 Burgerskap 4.3 Burgerskaplike gelykheid 4.4 Omvang
BIBLIOGRAFIE
GERAPPORTEERDE REGSPRAAK
INTERNASIONALE EN REGIONALE REGSINSTRUMENTE INDEKS
iv
273 273 276 276 280 280 284
285 290 290 293 302 302
306 310 312
317
342
344
347
VOORWOORD
Deesdae is daarʼnstortvloed voorspelbare en herhalende kommentaar oor sg. ‘good governance’ en staatsbestuur. Die meeste gedagtes wat kwytgeraak word, seil sorgeloos oor die Weste se eeuelange en boeiende geskiedenis, insluitendeʼngeskiedenis van regs- en politieke filosofie, en die meeste bydraes vertoon een bepaalde blindheid — die aanname dat die laaste eeue groot ‘vooruitgang’ vir die beskawing gebring het. Wat dan, kan belangriker virʼndenkende leser wees asʼn volume wat met heldere objektiwiteit en treffende begrip, dieperliggende en ironiese terugslae in die geskiedenis van staatsbestuur blootlê, veral oor onlangse dekades? Prof Koos Malan se meesterlike en diepgaande ontleding vulʼnleemte in die gapende beskikbare insigte oor staatsbestuurtradisies en -praktyke wat ons almal se lewens ten nouste raak.
Sy werk word gelei deurʼn— in hoeverre is bevolkings kernvraag werklik deur hervormings bevry en bemagtig? Is duistere beperkings en kragte van vervreemding, onderworpenheid en knegskap in die ontwikkelde wêreld werklik tot die geskiedenis verban of lê hulle slegs versluier deur die fatsoenlike skyn van vooruitgang? Prof Malan se penetrerende oorsig van bewindsvorme en publieke regsstelsels vanaf die Middeleeue tot die huidige era van menseregte en die burokraties-versorgende staat erken die vordering maar stel diep verontrustende vrae. Die Renaissance, die Reformasie, die inperking van die goddelike reg van konings, die erkenning van vryswewende indiwidualisme en uitkringende beginsels vanʼnsosiale kontrak watʼn bewind daarstel om onderling vyandiggesinde indiwidue teen mekaar en teen regeerders te beskerm het weliswaar die menslike kondisie in vele opsigte dramaties verbeter. Maar soos Prof Malan dit verhelder, hetʼnen veel kragtiger maar versluierde bedreiging in die nuwe nuutgevonde vryhede uitgebroei. Wat deur Thomas Hobbes as ‘Leviatan’, die ‘sterflike god’ in die staat beskryf is, het sy dwang-heerskappy meedoenloos uitgebrei. Terwyl die magte van konings en priesters uiteindelik as kwesbaar en wisselvallig bewys is, het die ‘sterflike god’ van die staat sy greep binne die vesting van nasionale soewereiniteit verstewig. Malan beskryf hoe die ‘sterflike god’ sy oorspronklike leë eensaamheid gaandeweg gevul het met dankbare afhanklikheid, menseregte en welsyn. Bevolkings is met ‘nasiebou’ oortuig om die jaloerse god te prys deur die homogene identiteit van die burokratiese nasiestaat te aanvaar. Die nasiestaat as hedendaagse vors kan binne sy vesting van internasionaal geoorloofde afdwingbare nasionale grense en soewereine status,ʼndog onaanvegbare sagte nuwe absolutisme handhaaf, wat Malan as massokrasie beskryf.
Is daar vir die mensdomʼnbeter keuse? Malan meen wel so, en duik ver terug na onder andere die klassieke Griekse Stadstaat asʼndeel van die fondament vir ’n alternatief. Hy gee geen konstitusionele voorskrifte nie maar welʼn roerende beeld vanʼnwat sy mensdom volle potensiaal bereik binne ‘tuistelike’ gemeenskappe wat die beginsel van onderlinge verantwoordbaarheid kan herstel. Hierdie skerpsinnige werk — in Afrikaans — vervat in ‘Politokrasie:ʼnpeiling
v
van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes virʼn antwoord daarop’, maak met reg aanspraak op ons noukeurige aandag.
Lawrence Schlemmer
vi
DANKBETUIGING
Ek vertrou datPolitokrasie:ʼn Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes virʼn antwoord daarop belangstelling en debat sal uitlok by diegene wat hulle krities en indringend met die dinamika tussen die eietydse staat — ook die Suid-Afrikaanse staat — en gemeenskappe bemoei. Hierby is ingebegrepe vakwetenskaplikes en belangstellendes in die reg, politieke wetenskap, geskiedenis en verskeie sosiale wetenskappe maar ook almal metʼnbelangstelling in die geskiedkundige en politiek-filosofiese agtergrond van die huidige territoriale staat enʼnby die juridiese verrekening van die belang aansprake van veral kultuur- en taalgemeenskappe in die huidige politieke tydsgewrig.
Uiteraard vervul die publikasie van hierdie boek my met genoegdoening. Terselfdertyd moet bygevoeg word dat die doek die produk vanʼngelukkige sameloop van omstandighede is, herhaalde waarsonder dit nie kon verskyn nie. Ek was gelukkig om oor jare aan die kennis en insig van talle mense blootgestel te word. Daar is baie van hulle — vriende, kennisse, kollegas, dosente ens. Tog moet ek een persoon noodwendig by name vermeld, naamlik Danie Goosen, by wie se uitgebreide kennis en deurlugtige insig ek oorʼntydperk van etlike dekades ruim gebaat het. Ek was net so gelukkig om oor jare aan groot woordvoerders van en kommentators oor die Westerse politieke en regstradisie blootgestel te word. Dit is paslik omʼnmens self daaraan te herinner datʼnwerk van hierdie aard volkome onmoontlik sou wees sonder grondige en dankbare blootstelling aan hierdie tradisie. Graag bedank en ook my kollegas by die regsfakulteit van die Universiteit van Pretoria en in besonder by die departement publiekreg, wat kollektief sorg virʼn aangename en intellektueel prikkelende werksomgewing.
Oorspronklik, voordat eers ietwat daaraan geskaaf en daarna heelwat daaraan toegevoeg is, was hierdie werkʼn proefskrif wat onder die bekwame leiding van proff Adrienne van Blerk van die departement jurisprudensie aan die Universiteit van Suid-Afrika en Hennie Strydom, destyds nog verbonde van die Universiteit van die Oranje Vrystaat voltooi is.
Verskeie mense, in die besonder Johan Scott en Johan Kok het die manuskrip taalkundig noukeurig onder oë gehad. Ek bedank hulle graag nie net daarvoor nie, maar boonop vir die vriendskapsbande wat ons gesmee het. Opregte dank aan Lizette Besaans van die Regsuitgewers van die Universiteit van Pretoria vir haar geduldige en noukeurige afronding van die manuskrip en so ook aan Yolanda Booyzen vir die buiteblad-ontwerp. Juanita Larkin, departemente administrateur van die departement publiekreg verdien eweneens besondere dank vir haar altyd bekwame en doeltreffende administratiewe bystand.
Koos Malan Februarie 2011
vii
H1 OOFSTUK
STAATLIKHEID
Toe Thomas Hobbes teen die middel van die sewentiende eeu oor die staat geskryf het, het hy met groot ontsag daarna as Leviatan en die sterflike god verwys. Op daardie stadium was die staat egter maar nog in sy kinderskoene. Later sou die staat oneindig kragtiger raak as wat ooit voorsien kon word. Mettertyd het dit duidelik geword dat die aliasse Leviatan en sterflike god geen melodrama was nie, maar ’n paslike beskrywing vir die staat wat later — en tans — so dominant in die lewens van individue en gemeenskappe geword het. Hierdie staat het ook ’n eieideologiewaarmee dit sy stempel op ons ontwikkel almal afdruk, afhanklikheid van die staat aankweek en geloof en getrouheid in hom inprent en afdwing. Hierdie werk handel juis met die staat en meer in die besonder met hierdiestaatsideologie, wat ek hierstaatlikheidnoem. Wanneer vanstaatlikheidgepraat word, kom veral twee sake ter sprake:
Eerstensis daar die treffende verskynsel wat tans bykans ’n universele gegewe is dat die staat die hoofbepaler van individue se openbare identiteit is. Die individu se openbare identiteit is staatsbepaald en is gevolglik dié vanstaatsburger. Individue het weens hulle geankerdheid in, hulle verbintenis met en lidmaatskap van ’n verskeidenheid van gemeenskappe en groepeʼnvan variasie ander kulturele, taal, godsdienstige, etniese, regionale en dergelike ander identiteite maar, dit alles is in finale instansie vanuit die oogpunt van staatlikheid nouliks meer as blote private identiteite. Die staat alleen is die eksklusiewe opeiser en afdwinger vanʼnstaatlike openbare identiteit. Potensieel mededingende aanspraakmakers op openbare identiteit word konsekwent en energiek uit die openbare sfeer geweer. Gepas beskryf Bikuh Parekh hoe die staat ’n staatlike identiteit afdwing en ander identiteite marginaliseer wanneer hy sê:
All its citizens are expected to privilege their territorial over their other identities; to consider that they share in common as citizens far more important than what they share with other members of their religious, cultural and other communities; to define themselves and relate to each other as individuals to abstract away their religious, cultural and other views when conducting themselves as citizens; to relate to the state in an identical manner; and to enjoy an identical basket of rights and
1
2Hoofstuk 1
obligations. In short, the state expects of all its citizens to subscribe to an identical way of defining themselves and relating to each other and the state. This shared political self-understanding is its constitutive principle and necessary presupposition. It can tolerate differences on all other matters but not this one, and uses educational, cultural, coercive and other means to secure that all its citizens share it. In this important 1 sense it is a deeply homogenizing institution.
Hier in Suid-Afrika het ons ook met die moeisame inprent van ’n staatlike identiteit te kampe. Veral sekere minderhede is hieraan blootgestel. Uit die bespreking later in hierdie boek blyk dit duidelik dat dit ’n wydlopende verskynsel is wat homself al op baie plekke voltrek het. Die inprent van ’n staatlike identiteit is die een sy van staatlikheid wat in hierdie werk behandel word.
Tweedensverwysstaatlikheidna neergelegde reëls van wetenskapsbeoefening — wetenskapsbeoefening aan die hand van die behoeftes van die staat en ter wille van die handhawing van die bestaande staatlike orde. Dit is wetenskapsbeoefening aan die hand van wat ek ’n staatlike paradigma noem. Die fokus van hierdie aspek vanstaatlikheidis dat daar ter wille van die beveiliging en voortsetting van die huidige staatlike orde en van staatlike identiteit voorskrifte, reëls en parameters vir geldige wetenskapsbeoefening en intellektuele aktiwiteit binne sekere dissiplines neergelê en afgedwing word, by name in die politieke teorie, die politieke wetenskap en die regswetenskap. Deur die aktiwiteite van die beoefenaars van verskeie wetenskaplike dissiplines word ’n ortodokse wetenskap beoefen wat op die beveiliging en voortsetting van die bestaande staatlike orde afgestem is. Ofskoon hierdie paradigma ’n besonder kragtige rol speel, is dit versweë. Daar word nie daaroor gepraat of gereflekteer nie. Dit word as ’n normale en vanselfsprekende gegewe van die werklikheid beleef en hanteer, byna asof dit ’n natuurlike gegewe is. Dit is natuurlik nie die geval nie. Dit is ’n historiese en dus ’n tydelike verskynsel. Dit het gekom en dit kan weer gaan, maar omdat dit as natuurlik beleef word — as ’n gereïfiseerde gegewe — word die verganklikheid daarvan nie oorweeg nie. Dit is juis die indruk van natuurlikheid en onverganklikheid wat die staatlike paradigma so gedug maak, want met die gevestigde wanindruk is daar per slot van sake net een realistiese reaksie daarop. Dit is om jou daarby neer te lê, dit te aanvaar en dus gelate aan die hand van sy voorskrifte op te tree.
Daar is voortdurend ’n noue wisselwerking tussen hierdie twee aspekte van staatlikheid, dit wil sê tussen staatlike identiteit en die staatlike paradigma. Wetenskaplike arbeid ingevolge die staatlike
1
B ParekhRethinking multiculturalism: Cultural diversity and political theory (2000) 185.
Staatlikheid 3
paradigma word aangewend om staatlike identiteit te verskans en te bevorder, om potensieel mededingende identiteite te bestry, asook om individuele en groepsafhanklikheid van die staat te verstewig.
Die patroon van wetenskapsbeoefening kragtens die staatlike paradigma is dus funksioneel omdat dit aangewend word om die bestaande orde te dien en teen verandering te beskerm. Waarmee ons hier te doen het, is dus ’n wesenlik konserwatief geneigde vorm van wetenskapsbeoefening, aangesien dit gemik is op die instandhouding van die staatlikestatus quo. Die oomblik wanneer ’n begrip soos konserwatiefter sprake kom, duik die vraag op of ons dan werklik met wetenskap te doen het en of ons ons nie eerder hiermee op die terrein van die politiek en ideologie begeef nie. Die antwoord is dat albei gelyktydig voorhande is: wetenskap sowel as ideologie. Ons het inderdaad met ’n grys veld, selfs ’n volledige konkurrensie van wetenskap en ideologie, te make. Dit is juis daarom dat ek staatlikheid as staatsideologie beskryf.
Die staat in gedrang
Dit mag vreemd voorkom dat dit nodig is om op staatlikheid te fokus, aangesien die staat tans toenemend in die gedrang is en die staat se posisie as sentrale politiek-juridiese instelling toenemend betwis word. Trouens, een van die gewildste — selfs opwindende — temas van ons tyd is om te fokus op die verskeidenheid van kragte wat die staat onder druk plaas.
Die staat se gesag, so word gesê, het opwaarts, sywaarts en 2 afwaarts weggesyfer. Die staat verkeer onder druk van diepolitiek 3 van kulturele identiteit, dié vannuwe nasionalismeaan die een kant en van internasionale ekonomiese integrasie — globalisering — aan die 4 ander kant. Die staat het soveel aan ekonomiese soewereiniteit ingeboet dat daar soms twyfel uitgespreek word of dit die 5 hoofbousteen van regering sal bly. Die tradisionele beginsel van staatlike soewereiniteit en die verbod op inmenging in die huishoudelike aangeleenthede van state, wat in artikel 2(7) van die Handves van die Verenigde Nasies vervat word, word deur sommiges 6 as tans niks meer nie as ’n juridiese fiksie beskou. Ook word die mening gehuldig dat die verwering van die staat so ver gevorder het
2 3
4 5 6
S Strange ‘The defective state’ (1995) 125Daedalus56. V Cable ‘The diminished nation state: A study in the loss of economic power’ (1995) 125Daedalus23. Cable (n 3 hierbo). Cable (n 3 hierbo). Strange (n 2 hierbo) 66.
  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents