Minki se pajamapartytjie
41 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Minki se pajamapartytjie , livre ebook

-

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
41 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met ’n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-piñata wat Natalie self gemaak het.

Maar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die llama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die piñata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is ’n reuse-flop!

Gelukkig het Minki ’n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef …


Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 06 juillet 2020
Nombre de lectures 0
EAN13 9781776250110
Langue Afrikaans
Poids de l'ouvrage 2 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,0240€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

Pan Macmillan Kinderboeke
www.panmacmillan.co.za


1
Glimlag, Spaghetti!
“Glimlag, Spaghetti!”
Spaghetti se tong hang uit in ’n groot hondeglimlag. Hy lyk baie snaaks met die lang pienk-en-wit haasore op sy kop en die geelwortel wat voor hom op die gras lê. Dit is perfek vir ’n foto!

Minki lig haar kamera. Sy maak seker Spaghetti is mooi in die raampie, skuif haar vinger tot op die sluiterknoppie, trek haar asem in en ...
Pwôrk! Pwôrk! Pwôrk!
Spaghetti se ore spring orent.
“Spaghetti, wag!” roep Minki uit.
Maar dit is te laat. Die hond vlieg op en hardloop agter die geluid aan. Sy haasore trek dóér!

“Aaa!” kreun Lara. “Kon jy ’n foto neem voordat hy weggehardloop het?”
Minki skud haar kop moedeloos.
Marko en Max kom oor die grasperk aangehardloop. Max het ’n groot rubberhoender in sy hand. Hy swaai die hoender aan sy nek rond. Spaghetti spring blaffend op en probeer dit gryp.
“Marko! Max!” raas Minki. “Julle het ons foto laat flop!”
Minki se tweelingboeties lag net en steek vir haar tong uit. Hulle hou aan om vir Spaghetti met die speelgoedhoender te terg.
Pwôrk! Pwôrk! Pwôrk!

Spaghetti hardloop in sirkels rond en probeer die hoender gryp. Die rubberhoender is sy nuwe gunstelingspeelding. Hy raak heeltemal verspot as hy die hoender hoor kekkel.
“Agge nee, ek gee moed op,” sê Minki moedeloos en sit haar kamera op die tuintafeltjie neer.
Sy en Lara sukkel al die hele middag om vir Spaghetti snaaks aan te trek en ’n foto van hom te neem. Minki het op die internet allerhande idees vir prettige en oulike hondefoto’s gesien, maar Spaghetti is nie ’n baie geduldige model nie.
En as daardie simpel rubberhoender eers begin kekkel, kan jy maar vergeet om hom te laat stilsit.
“Vir my volgende verjaardag soek ek ook ’n kamera soos joune,” sê Lara.

Minki glimlag. Sy het die kamera gekoop met die geld wat haar ouma vir haar vorige verjaardag vir haar gegee het. Dit is ’n pastelpers kitskamera waarmee jy foto’s kan neem wat sommer dadelik ontwikkel. Dis groot pret! Maar die spesiale fotopapiertjies was op, daarom het sy lank laas foto’s geneem. Laas naweek toe hulle in die winkels was, het sy uiteindelik onthou om vir Mamma te vra om nuwes te koop.
“Joehoe!” roep ’n stem by Minki-hulle se tuinmuurtjie.
“Natalie!” roep Minki en Lara gelyk uit.
Natalie klouter rats oor die muurtjie. Haar ma raas altyd as sy dit doen – sy sê meisies klouter nie oor mure nie. Maar Natalie rol net altyd haar oë en sê dis tydmors om al die pad tot by Minki-hulle se tuinhekkie te stap as hulle REG langs mekaar bly. En die tuinmuurtjie is nie SO hoog nie.
“Hoekom het jou ryles vanmiddag so lank aangehou?” vra Lara en kyk op haar horlosie. “Ek en Minki het vir jou ook koeldrank ingegooi, maar die ysblokkies het al lankal gesmelt.”
“Dit maak nie saak nie,” sê Natalie. “Ek is nou so dors, ek sal skottelgoedwater ook drink.” Sy vat ’n groot sluk van die koeldrank wat op die tuintafeltjie staan.
“Wat het jy daar?” vra Minki en wys na die sak in Natalie se hand.
“Ek en my ma het gou gaan inkopies doen ná my ryles,” sê sy. “Kyk net wat het ek gekry ...”

Sy haal iets uit die sak en vou dit oop.
“Sjoeee!” sê Minki en streel oor die sagte materiaal.
Natalie grinnik. “Dis mooi, nè? My ou pajamas is bietjie te klein.”
“Ek is mal daaroor!” sê Lara bewonderend.
Die broekie is grys, met wit hartjies daarop. Die top is pienk, met ’n prent van ’n wollerige llama wat ’n slaapmasker vol blinkertjies dra. Onderaan staan: LLAMAS ♥ PAJAMAS.

Minki se boeties kom verbygehardloop. Hulle steek in hulle spore vas toe hulle Natalie se nuwe nagklere sien.
“Pienk pajamas! Jiggg!” roep Marko uit.
“En kyk, daar’s ’n donkie op haar pajamas!” bulder Max.
“Dis nie ’n donkie nie!” sê Minki. “Dis ’n ...”
Pwôrk! Pwôrk! Pwôrk!
Die tweeling hardloop laggend verder met Spaghetti agterna.
“Watse ding het hulle daar?” vra Natalie.
“Sommer ’n simpel speelding,” sê Minki en rol haar oë.
Sy vee met haar vinger oor die blinkertjies op die llama se slaapmasker.
“Weet julle wat?” sê sy. “Natalie se nuwe pajamas het my ’n plan gegee ... Hoekom vra ons nie ons ma’s of ons Vrydagaand ’n pajamapartytjie mag hou nie?”
Natalie en Lara kyk vir mekaar. Dan glimlag hulle breed.
“Minki Maartens, het iemand al vandag vir jou gesê jy’s briljant?” vra Lara.


2
Partytjieplanne
“Natalie, waar is jou leesboek?” vra juffrou Adams.

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents