South African Language Rights Monitor 2008 / Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2008
211 pages
English

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

South African Language Rights Monitor 2008 / Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2008 , livre ebook

-

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
211 pages
English
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

The bilingual South African Language Rights Monitor 2008 / Suid-AfrikaanseTaal regtemonitor 2008 is the seventh annual report on the situation pertaining to language rights and language matters in general in South Africa. It cultivates an awareness of language rights and promotes a culture of taking proactive measures in order to oppose violations of language rights. Such awareness could lead, on the one hand, to the further democratisation of the community, and on the other, to increasing participation in public life.

Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 01 mai 2013
Nombre de lectures 0
EAN13 9781920382285
Langue English
Poids de l'ouvrage 5 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,1000€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

SOUTH AFRICAN LANGUAGE RIGHTS MONITOR 2008 | SUID-AFRIKAANSE TAALREGTEMONITOR 2008 Johan Lubbe & Theodorus du Plessis
SOUTH AFRICAN
LANGUAGE RIGHTS MONITOR
2008
Seventh report on the South African
Language Rights Monitor Project
Johan Lubbe & Theodorus du Plessis
SUID-AFRIKAANSE

TAALREGTEMONITOR

2008
Sewende verslag
van die

Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor
Johan Lubbe & Theodorus du PlessisSUID-AFRIKAANSE
TAALREGTEMONITOR
2008
SATRM 2008
Reeksredakteur: Theodorus du Plessis
Samestellers:
Johan Lubbe en Theodorus du Plessis
Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging, Departement
Linguistiek en Taalpraktyk
Universiteit van die Vrystaat
Bloemfontein
2012Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2008
Uitgegee deur Sun Media Bloemfontein (Pty) Ltd
Druknaam: SunBonani Scholar
Alle regte voorbehou
Kopiereg © 2013 Sun Media Bloemfontein en die Eenheid vir Taalfasilitering en
-bemagtiging, Universiteit van die Vrystaat
Die skrywers en die uitgewer het alles moontlik gedoen om kopieregtoestemming te verkry
vir die gebruik van derdepartyinhoud en om sodanige gebruik te erken. Rig alle navrae aan
die uitgewer.
Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer
of in enige vorm deur enige elektroniese, fotografiese of meganiese middel weergegee word
nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat-, band- of laserskyfopname, mikroverfilming, via die
Internet of e-pos of enige ander stelsel van inligtingsbewaring of -ontsluiting.
Menings in hierdie publikasie weerspieël nie noodwendig dié van die uitgewer nie.
Eerste uitgawe 2013
ISBN: 978-1-920382-27-8
ISBN: 978-1-920382-28-5 (e-boek)
DOI: https://doi.org/10.18820/9781920382285
Geset in Constantia 11/14 pt
Bandontwerp, bladuitleg en produksie deur Sun Media Bloemfontein
Navorsing en akademiese werke word onder hierdie druknaam in druk en elektroniese
formaat uitgegee.
Hierdie publikasie kan bestel word by: media@sunbonani.co.za
Die e-boek is beskikbaar by: https://doi.org/10.18820/9781920382285Inhoud
Voorwoord .......................................................................................................... i
1. Inleiding ....................................................................................................... 1
2. Navorsingsontwerp en -metodologie .......................................................... 1
2.1 Taalverspreiding van mediarekords ........................................................................ 4
2.2 Tipes mediarekords .................................................................................................. 5
2.3 Ander bronne ............................................................................................................ 6
3. Mediadekking van taalkwessies gedurende 2008 ...................................... 6
3.1 Fokus op taalprobleme ............................................................................................. 8
3.1.1 Taalprobleme in amptelike taalgebruiksdomeine 8
3.1.2 Taalpr in nie-amptelike taalg ................................ 20
3.1.3 Naamsveranderinge as taalprobleem ........................................................... 22
3.1.4 Slot ................................................................................................................. 46
3.2 Fokus op taalbevordering ......................................................................................... 48
3.2.1 Taalbevordering in amptelike taalgebruiksdomeine .................................. 48
3.2.2 Taalbevordering in nie-amptelike taalg ........................... 52
3.2.3 Slot 72
3.3 Fokus op taalnavorsing ............................................................................................ 73
3.3.1 Taalnavorsing in amptelike taalgebruiksdomeine ...................................... 73
3.3.2 Taalnavorsing in nie-amptelike taalg ............................... 74
4. Taalverwante klagtes by amptelike liggame ingedien ................................ 76
4.1 Klagtes by Pansat ingedien ...................................................................................... 76
4.2 Klagtes by ander liggame ingedien ......................................................................... 78
4.2.1 Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika .................................................... 78
4.2.2 Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie .............................. 79
4.2.3 Gelykheidshof ............................................................................................... 79
5. Taallitigasie ................................................................................................... 82
5.1 Hoërskool Ermelo .................................................................................................... 82
5.2 Hoërskool F. H. Odendaal ....................................................................................... 85
5.3 Litigasie wat met naamsverandering verband hou ................................................ 866. Taalaktivisme soos in die media gedek ....................................................... 87
7. ’n Slotblik ...................................................................................................... 89
8. Bibliografe .................................................................................................... 92
Vorige uitgawes
Lubbe, Johan, Theodorus du Plessis, Elbie Truter & Chris Wiegand. 2011. South
African Language Rights Monitor 2002. Bloemfontein: SUN PReSS.
Lubbe, Johan, Elbie Truter & Theodorus du Plessis. 2011. South African Language
Rights Monitor 2003. Bloemfontein: SUN PReSS.
Lubbe, Johan, Elbie Truter & Theodorus du Plessis. 2011. South African Language
Rights Monitor 2004. Bloemfontein: SUN PReSS.
Lombaard, Susan, Johan Lubbe & Theodorus du Plessis. 2011. South African
Language Rights Monitor 2005. Bloemfontein: SUN PReSS.
Kriel, Mariana. 2010. South African Language Rights Monitor 2006. Bloemfontein:
SUN PReSS.
Kriel, Mariana. 2010. South African Language Rights Monitor 2007. Bloemfontein:
SUN PReSS.Voorwoord
Die Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2008/South African Language Rights
Monitor 2008 is die sewende jaarlikse verslag oor die stand van taalregte en
taalaangeleenthede oor die algemeen in Suid-Afrika, en die eerste tweetalige
(Afrikaans en Engels) dusdanige verslag. Die eerste ses verslae het almal slegs in
Engels verskyn, hoofsaaklik op aandrang van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad,
vir wie hierdie verslae saamgestel is. Ten einde ’n groter leserspubliek te dien en
vanweë die aktuele belangstelling vanuit Afrikaanse kringe in taalsake het ons
doelbewus besluit om die Monitor voortaan tweetalig uit te gee. SALRM 2002
(Lubbe, Du Plessis, Truter & Wiegand 2011), die eerste Monitor wat deur die
PanSuid-Afrikaanse Taalraad befonds is, het in 2004 in verslagvorm verskyn en het die
onderhawige onderwerpe vir die kalenderjaar 2002 in oënskou geneem. Gedurende
2008, die laaste jaar van die Raad se befondsing, het ook ’n maandelikse Bulletin
(ook slegs in Engels) verskyn. SUN PReSS het in 2009 die South African Language
Rights Monitor as ’n publikasiereeks aangeneem en afgeskop met die publikasie
van die SALRM 2006 (Kriel 2010) en SALRM 2007 (Kriel 2010a) in 2010. Die Monitor
vir die jare 2002 tot en met 2005, en wat tot hiertoe net in Pdf-formaat beskikbaar
was, is gedurende 2011 ook in die reeks in boekvorm uitgegee.
Aangesien een van die oogmerke toendertyd nie net van die Pan-Suid-Afrikaanse
Taalraad nie, maar ook van verskeie belangegroepe, is om bewuswording oor
taalregte te kultiveer, is die bekendmaking van inligting rakende taalregte en
taalsake oor die algemeen in ’n jaarlikse verslagvorm eintlik broodnodig. So ’n verslag
is ’n noodsaaklike middel om ’n kultuur van proaktiewe optrede te help bevorder
om sodoende vergrype van taalregte te help teenstaan. Sodanige bewuswording
kan enersyds lei tot die verdere demokratisering van die gemeenskap, en andersyds
tot toenemende deelname aan die openbare lewe en so die burgerlike samelewing
as belangrike instansie van die moderne staat versterk.
Die publikasie van jaarlikse verslae oor taalregte-aangeleenthede deur die
Kanadese Commissioner of Ofcial Languages ( http://www.ocol-clo.gc.ca/
html/index_e.php) het as oorspronklike inspirasie gedien vir die Suid-Afrikaanse
taalregtemoniteringsprojek aan die Universiteit van die Vrystaat. Kanada se beleid
van institusionele tweetaligheid en multikulturalisme en die land se respek vir
taalregte-aangeleenthede stel ’n navolgingswaardige voorbeeld van hoe amptelike
meertaligheid bestuur kan word binne ’n regulatiewe raamwerk wat daarvoor
voorsiening maak, soos wat in Suid-Afrika wel deels die geval is. Uiteraard sluit ons
nie daarmee ander meertalige lande uit nie waar soortgelyke suksesse behaal word.
7SUID-AFRIKAANSE TAALREGTEMONITOR 2008
Graag word SA Media bedank vir hulle deurlopende verskafng van mediarekords.
Chrismi-Rinda Kotze het as navorsingsassistent ’n leeue-aandeel in die
totstandkoming van hierdie weergawe van die Monitor. Ook Dolly Mthembu en
Monnapule Molefe word bedank vir hulle aandeel as navorsingsassistente en so
ook Mariana Kriel, outeur van SALRM 2006 en SALRM 2007 vir haar raadgewende
en ondersteunende aandeel. Dankie aan SUN Press wat kans gesien het vir die
reeks en sulke mooi en toeganklike monitors produseer.
Theodorus du Plessis (Reeksredakteur)
Bloemfontein
14 Maart 2012
81. Inleiding
Soos al die vorige verslae bied ook die Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2008/
South African Language Rights Monitor 2008 (SATLRM 2008) ’n oorsig van
taalaangeleenthede waaraan in hoofsaaklik die gedrukte hoofstroommedia van
Suid-Afrika tydens die betrokke jaar dekking verleen is.
Hierdie temas is oorspronklik in oorleg met die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad
(Pansat) gekies om relevante inligting te verskaf oor sake wat in verband staan met
die Raad se uitvoer van sy

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents