South African Language Rights Monitor 2009 / Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2009
267 pages
English

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

South African Language Rights Monitor 2009 / Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2009 , livre ebook

-

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
267 pages
English
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

The bilingual South African Language Rights Monitor 2009 / Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2009 is the eighth annual report on the situation pertaining to language rights and language matters in general in South Africa. It cultivates an awareness of language rights and promotes a culture of taking proactive measures in order to oppose violations of language rights. Such awareness could lead, on the one hand, to the further democratisation of the community, and on the other, to increasing participation in public life.

Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 01 décembre 2013
Nombre de lectures 0
EAN13 9781920382469
Langue English
Poids de l'ouvrage 5 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,1000€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

SOUTH AFRICAN LANGUAGE RIGHTS MONITOR 2009 | SUID-AFRIKAANSE TAALREGTEMONITOR 2009 Johan Lubbe & Theodorus du Plessis
SOUTH AFRICAN
LANGUAGE RIGHTS MONITOR
2009
Eighth report on the South African
Language Rights Monitor Project
Johan Lubbe & Theodorus du Plessis
SUID-AFRIKAANSE

TAALREGTEMONITOR

2009
Agtste verslag
van die

Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor
Johan Lubbe & Theodorus du PlessisSUID-AFRIKAANSE
TAALREGTEMONITOR
2009
SATRM 2009
Reeksredakteur: Theodorus du Plessis
Samestellers:
Johan Lubbe en Theodorus du Plessis
Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging, in assosiasie
met die Departement Linguistiek en Taalpraktyk
Universiteit van die Vrystaat
Bloemfontein
2013Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2009
Uitgegee deur Sun Media Bloemfontein (Pty) Ltd.
Druknaam: SunBonani Scholar
Alle regte voorbehou
Kopiereg © 2013 Sun Media Bloemfontein en die Eenheid vir Taalfasilitering en
-bemagtiging, Universiteit van die Vrystaat
Die skrywers en die uitgewer het alles moontlik gedoen om kopieregtoestemming te verkry
vir die gebruik van derdepartyinhoud en om sodanige gebruik te erken. Rig alle navrae aan
die uitgewer.
Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer
of in enige vorm deur enige elektroniese, fotografiese of meganiese middel weergegee word
nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat-, band- of laserskyfopname, mikroverfilming, via die
Internet of e-pos of enige ander stelsel van inligtingsbewaring of -ontsluiting.
Menings in hierdie publikasie weerspieël nie noodwendig dié van die uitgewer nie.
Eerste uitgawe 2013
ISBN: 978-1-920382-45-2
ISBN: 978-1-920382-46-9 (e-boek)
DOI: https://doi.org/10.18820/9781920382469
Geset in Constantia 11/14 pt
Bandontwerp, bladuitleg en produksie deur Sun Media Bloemfontein
Navorsing en akademiese werke word onder hierdie druknaam in druk en elektroniese
formaat uitgegee.
Engelse vertaling deur Alice de Jager
Hierdie publikasie kan bestel word by: media@sunbonani.co.za
Die e-boek is beskikbaar by: https://doi.org/10.18820/9781920382469Vorige uitgawes
Lubbe, Johan, Theodorus du Plessis, Elbie Truter & Chris Wiegand. 2011. South
African Language Rights Monitor 2002. Bloemfontein: SUN PReSS.
Lubbe, Johan, Elbie Truter & Theodorus du Plessis. 2011. South African Language
Rights Monitor 2003. Bloemfontein: SUN PReSS.
Lubbe, Johan, Elbie Truter & Theodorus du Plessis. 2011. South African Language
Rights Monitor 2004. Bloemfontein: SUN PReSS.
Lombaard, Susan, Johan Lubbe & Theodorus du Plessis. 2011. South African
Language Rights Monitor 2005. Bloemfontein: SUN PReSS.
Kriel, Mariana. 2010. South African Language Rights Monitor 2006.
Bloemfontein: SUN PReSS.
Kriel, MSouth African Language Rights Monitor 2007.
Bloemfontein: SUN PReSS.
Johan Lubbe & Theodorus du Plessis. 2012. Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor
2008. Bloemfontein: SUN PReSS.Hierdie reeks word moontlik gemaak deur 'n fnansiële bydrae van die ATKV.
Die ATKV ondersteun die SATRM-projek se objektiewe navorsing wat die
taalregtesituasie in Suid-Afrika betref.Inhoud
Voorwoord ........................................................................................................... i
1. Inleiding ........................................................................................................ 1
2. Navorsingsontwerp en -metodologie .......................................................... 2
2.1 Taalverspreiding van mediarekords ......................................................................... 3
2.2 Tipes mediarekords ................................................................................................... 4
2.3 Ander bronne ............................................................................................................ 6
3.1 Fokus op taalprobleme .............................................................................................. 9
3.1.1 Taalprobleme in amptelike taalgebruiksdomeine ....................................... 9
3.1.2 Taalpr in nie-amptelike taalg ................................ 49
3.1.3 Naamsverandering as taalprobleem ............................................................. 50
3.1.4 Slotsom .......................................................................................................... 68
3.2 Fokus op taalbevordering ......................................................................................... 70
3.2.1 Taalbevordering in amptelike taalgebruiksdomeine .................................. 70
3.2.2 Taalbevordering in nie-amptelike taalg ........................... 74
3.2.3 Slotsom 97
3.3 Fokus op taalnavorsing ............................................................................................. 98
3.3.1 Taalnavorsing in amptelike taalgebruiksdomeine ...................................... 98
3.3.2 Taalnavorsing in nie-amptelike taalg ............................... 99
4. Taalverwante klagtes by amptelike liggame ingedien ................................ 99
4.1 Klagtes by Pansat ingedien ....................................................................................... 100
4.2 Klagtes by ander liggame ingedien .......................................................................... 105
4.2.1 Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika ..................................................... 105
4.2.2 Safety and Security Sectoral Bargaining Council ........................................ 105
4.3 Slotsom ...................................................................................................................... 106
5. Taallitigasie ................................................................................................... 106
5.1 Taalgebruik in die hof ............................................................................................... 106
5.1.1 Director of public prosecutions, KwaZulu-Natal v The regional
magistrate, Vryheid and others 2009 (2) SACR 117 (KZP) .......................... 106
5.1.2 National Union of Mineworkers & another v Commission for
Conciliation, Mediation & Arbitration & others (2010) 31 ILJ 703 (LC) ..... 1075.2 Haatspraak ................................................................................................................ 108
5.2.1 FAWU obo Mbokazi / Flavour Craft [2009] 6 BALR 616 (CCMA) ............. 108
5.3 Taalregtelitigasie ....................................................................................................... 108
5.3.1 Hoërskool Ermelo ......................................................................................... 108
6. Taalaktivisme soos in die media gedek ....................................................... 113
7. Slotsom .......................................................................................................... 115
8. Bibliografe .................................................................................................... 117Voorwoord
Die Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2009 (SATRM 2009) bied, soos sy
voorgangers, sedert 2002 ʼn jaarlikse oorsig van taalaangeleenthede in Suid-Afrika
waaraan hoofsaaklik in die Engelstalige en Afrikaanstalige hoofstroommedia
tydens die betrokke jaar dekking verleen is. Enkele rekords uit Zoeloe-talige
koerante word ook ingesluit.
Verslae wat die jare 2002 tot 2007 dek, het in Engels verskyn, dog sedert 2008 word die
verslae tweetalig (Afrikaans-Engels) uitgegee. Ofskoon daar proporsioneel minder
Afrikaanse koerante verskyn, blyk dit uit elke Monitor dat die Afrikaanssprekende
leserspubliek steeds relatief meer aandag aan taalsake verleen. Ons vertrou dus
dat ons met die insluiting van ʼn Afrikaanse Monitor hierdie gemeenskap beter
bedien. Positiewe terugvoer wat ons op die bekendstelling van die eerste tweetalige
Monitor (wat die jaar 2008 dek) ontvang het, is daarom bemoedigend.
Benewens die oorsig wat van mediadekking oor taalaangeleenthede verskaf word,
word ook taal- en taalverwante klagtes wat by amptelike liggame ingedien is,
litigasie oor taalaangeleenthede en taalaktivisme oor die algemeen onder die loep
geneem. Die indeling van die stof volg dieselfde patroon soos dié van 2008 (Lubbe
en Du Plessis 2012).
Dit is ons intensie om ons agterstand met die produksie van hierdie verslae so
vinnig as moontlik uit te wis. Vanjaar kon ons reeds naas hierdie verslag ook die
Monitor vir 2008 uitgee. Die produksie van die verslae word deur beide die Eenheid
vir Taalfasilitering en -bemagtiging (EFTB) aan die Universiteit van die Vrystaat en
die ATKV gefnansier.
Ook kan ek met genoeë aankondig dat ons met die uitgewer ooreengekom het om
voortaan in die Monitor-reeks ook spesialisuitgawes uit te gee. Hierdie uitgawes
sal bepaalde temas meer indringend ondersoek en veral oor jare heen werk om
so ʼn beter geheeloorsig oor bepaalde kwessies te bekom. Omdat elke Monitor ʼn
kalenderjaar dek, bly so ʼn noodsaklike geheelblik ongelukkig agterweë. Kollegas
wat sou belangstel om mee te werk aan sulke spesialisuitgawes of wat met ʼn eie
voorstel hieromtrent na vore kan kom, kan gerus daaroor met die Redakteur in
verbinding tree.
Ek wil graag my dank uitspreek teenoor prof. Johan Lubbe vir sy leeue-aandeel
in die saamstel van die jaarlikse Monitor. Ook kan ons uiteraard nie die verslae
produseer sonder SA Media se verskafng van koerantrekords nie en waardeer
ons ook die professionele hulp wat ons deurlopend van vakkundige beamptes in
iSUID-AFRIKAANSE TAALREGTEMONITOR 2009
ons universiteitsbiblioteek ontvang. Dan moet ek ook erkenning gee aan verskeie
assistente wat meewerk om die verslae moontlik te maak, wat die 2009-uitgawe
betref, spesifek Chrismi-Rinda Loth, Monnapula Molefe, Jeanne-Léanne Smit en
Joan-Marié Steenkamp.
Ook my besondere dankbetuiging aan die ETFB vir die ruim fnansiële
ondersteuning.
L.T. du Plessis (Redakteur)
Bloemfontein
Julie 2013
ii1. Inleiding
Die rol van die gedrukte media, spesifek van koerante, mag nooit ondersk

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents