South African Language Rights Monitor 2010 / Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2010
252 pages
English

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

South African Language Rights Monitor 2010 / Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2010 , livre ebook

-

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
252 pages
English
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

This is the ninth annual report on the situation pertaining to language rights and language matters in general in South Africa. It cultivates an awareness of language rights and promotes a culture of taking proactive measures in order to oppose violations of language rights. Such awareness could lead, on the one hand, to the further democratisation of the community, and on the other, to increasing participation in public life.

Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 18 juin 2014
Nombre de lectures 0
EAN13 9781920382575
Langue English
Poids de l'ouvrage 1 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,1000€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

SOUTH AFRICAN LANGUAGE RIGHTS MONITOR 2010 | SUID-AFRIKAANSE TAALREGTEMONITOR 2010 Johan Lubbe & Theodorus du Plessis
SOUTH AFRICAN
LANGUAGE RIGHTS MONITOR
2010
Ninth report on the South African
Language Rights Monitor Project
Johan Lubbe & Theodorus du Plessis
SUID-AFRIKAANSE

TAALREGTEMONITOR

2010
Negende verslag
van die

Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor
Johan Lubbe & Theodorus du PlessisSUID-AFRIKAANSE
TAALREGTEMONITOR
2010
SATRM 2010
Reeksredakteur: Theodorus du Plessis
Samestellers:
Johan Lubbe en Theodorus du Plessis
Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging, in samewerking
met die Departement Linguistiek en Taalpraktyk
Universiteit van die Vrystaat
Bloemfontein
2014Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2010
Uitgegee deur Sun Media Bloemfontein (Pty) Ltd.
Druknaam: SunBonani Scholar
Alle regte voorbehou
Kopiereg © 2014 Sun Media Bloemfontein en die Eenheid vir Taalfasilitering en
-bemagtiging, Universiteit van die Vrystaat
Die skrywers en die uitgewer het alles moontlik gedoen om kopieregtoestemming te verkry
vir die gebruik van derdepartyinhoud en om sodanige gebruik te erken. Rig alle navrae aan
die uitgewer.
Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer
of in enige vorm deur enige elektroniese, fotografiese of meganiese middel weergegee word
nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat-, band- of laserskyfopname, mikroverfilming, via die
Internet of e-pos of enige ander stelsel van inligtingsbewaring of -ontsluiting.
Menings in hierdie publikasie weerspieël nie noodwendig dié van die uitgewer nie.
Eerste uitgawe 2014
ISBN: 978-1-920382-56-8
ISBN: 978-1-920382-57-5 (e-boek)
DOI: https://doi.org/10.18820/9781920382575
Geset in Constantia 11/14 pt
Bandontwerp, bladuitleg en produksie deur Sun Media Bloemfontein
Navorsing en akademiese werke word onder hierdie druknaam in druk en elektroniese
formaat uitgegee.
Engelse vertaling deur Alice de Jager
Hierdie publikasie kan bestel word by: media@sunbonani.co.za
Die e-boek is beskikbaar by: https://doi.org/10.18820/9781920382575Vorige uitgawes
Lubbe, Johan, Theodorus du Plessis, Elbie Truter & Chris Wiegand.
2011. South African Language Rights Monitor 2002. Bloemfontein:
SUN PReSS.
Lubbe, Johan, Elbie Truter & Theodorus du Plessis. 2011. South
African Language Rights Monitor 2003. Bloemfontein: SUN PReSS.
Lubbe, Johan, Elbie Truter & Theodorus du Plessis. 2011. South
African Language Rights Monitor 2004. Bloemfontein: SUN PReSS.
Lombaard, Susan, Johan Lubbe & Theodorus du Plessis. 2011.
South African Language Rights Monitor 2005. Bloemfontein: SUN
PReSS.
Kriel, Mariana. 2010. South African Language Rights Monitor
2006. Bloemfontein: SUN PReSS.
Kriel, Mariana. 2010. South African Language Rights Monitor
2007. Bloemfontein: SUN PReSS.
Johan Lubbe & Theodorus du Plessis. 2012. Suid-Afrikaanse
Taalregtemonitor 2008. Bloemfontein: SUN PReSS.
Johan Lubbe & Theodorus du Plessis. 2013. Suid-Afrikaanse
Taalregtemonitor 2009. Bloemfontein: SUN PReSS.Hierdie reeks word moontlik gemaak deur 'n fnansiële bydrae van die ATKV.
Die ATKV ondersteun die SATRM-projek se objektiewe navorsing wat die
taalregtesituasie in Suid-Afrika betref.Inhoud
Voorwoord ........................................................................................................... i
1. Inleiding ........................................................................................................ 1
2. Navorsingsontwerp en -metodologie .......................................................... 2
2.1 Taalverspreiding van mediarekords ........................................................................ 4
2.2 Tipes mediarekords .................................................................................................. 5
2.3 Ander bronne ............................................................................................................ 6
3. Mediadekking van taalkwessies gedurende 2010 ....................................... 7
3.1 Fokus op taalprobleme ............................................................................................. 10
3.1.1 Taalprobleme in amptelike taalgebruiksdomeine ...................................... 10
3.1.2 Taalpr in nie-amptelike taalg ............................... 40
3.1.3 Slot .................................................................................................................. 42
3.2 Fokus op naamsverandering .................................................................................... 44
3.2.1 Plekname wat verander het .......................................................................... 47
3.2.2 Handelsname ................................................................................................ 67
3.2.3 Slot ................................................................................................................. 67
3.3 Fokus op taalbevordering ......................................................................................... 68
3.3.1 Amptelike en institusionele taalbevordering ............................................ 68
3.3.2 Drukgroep- en individuele ordering ............................................... 70
3.4 Fokus op taalnavorsing ............................................................................................. 95
4. Taalverwante klagtes by amptelike liggame ingedien ................................ 97
4.1 Klagtes by Pansat ingedien ...................................................................................... 97
4.2 Klagtes by ander liggame ingedien .......................................................................... 102
5. Taallitigasie .................................................................................................. 103
5.1 Nasionale Taalwet ..................................................................................................... 103
5.2 Kommissie vir Konsiliasie, Bemiddeling en Arbitrasie .......................................... 106
5.3 Reg op ’n regverdige gehoor ..................................................................................... 106
5.4 Arbeidshof ................................................................................................................ 106
6. Taalaktivisme soos in die media gedek ....................................................... 107
7. ’n Slotblik ...................................................................................................... 109
8. Bibliografe .................................................................................................... 110
Boeke en artikels ................................................................................................. 110Voorwoord
Die bekendstelling in Suid-Afrika van inligting rakende die taalregte van sowel
individue as taalgroepe is uiters belangrik. Dusdanige inligting kan bydra tot ʼn
bewuswording van taalregte en taalregte-aangeleenthede, ʼn gesindheid wat op sy
beurt kan help om ʼn pro-aktiewe taalregte-kultuur in Suid-Afrika te bevorder. So
ʼn ingesteldheid is noodsaaklik om gevalle van taaldiskriminasie aan die kaak te
stel, te bekamp en uiteindelik te voorkom. Juis met die oog daarop om ʼn bydrae
tot die verspreiding van die nodige inligting te lewer, publiseer die Eenheid vir
Taalfasilitering en -bemagtiging jaarlikse verslae rakende taalaangeleenthede soos
hoofsaaklik in die gedrukte media behandel. Die verslae vir die periode 2002 tot en
met 2007 het slegs in Engels verskyn, South African Language Rights Monitor, dog
vanaf 2008 word gepoog om die verslae tweetalig in Afrikaans en Engels uit te gee
as die Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor / South African Language Rights Monitor.
Hierdie 2010 Monitor gee ʼn oorsig van taalaangeleenthede soos hoofsaaklik in die
gedrukte media tydens die periode 1 Januarie 2010 tot 31 Desember 2010 behandel.
Die Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2010 (SATRM 2010) bied, soos sy voorgangers,
sedert 2002 ʼn jaarlikse oorsig van taalaangeleenthede in Suid-Afrika waaraan
hoofsaaklik in die Engelstalige en Afrikaanstalige hoofstroommedia tydens die
betrokke jaar dekking verleen is. Enkele rekords uit Zoeloe-talige koerante word
ook ingesluit. Benewens die oorsig wat van mediadekking oor taalaangeleenthede
verskaf word, word ook taal- en taalverwante klagtes wat by amptelike liggame
ingedien is, litigasie oor taalaangeleenthede en taalaktivisme oor die algemeen
onder die loep geneem. Die indeling van die stof volg dieselfde patroon as dié van
2008 (Lubbe en Du Plessis 2012).
Die jaar 2010 lyk op taalgebied waarskynlik nie soveel anders as vorige jare nie,
maar tog vind ons by die saamstel van elke Monitor ʼn aantal sake wat as besonderse
taalgebeure geag word. Dit is inderdaad hoe ons die saamstel van hierdie verslag
beleef het. Ons hoop die leser vind baat by ons 2010 oorsig van taalgebeure.
Ek wil graag my dank uitspreek teenoor prof. Johan Lubbe vir sy leeue-aandeel
in die saamstel van die jaarlikse Monitor. Ook kan ons uiteraard nie die verslae
produseer sonder SA Media se verskafng van koerantrekords nie en waardeer
ons ook die professionele hulp wat ons deurlopend van vakkundige beamptes in
ons universiteitsbiblioteek ontvang. Dan moet ek ook erkenning gee aan verskeie
assistente wat meewerk om die verslae moontlik te maak, wat die 2010-uitgawe
betref, spesifek Chrismi-Rinda Loth, Monna Molefe, Jeanne-Leanne Smit en
Joan-Marié Steenkamp.
iSUID-AFRIKAANSE TAALREGTEMONITOR 2010
Ook my besondere dankbetuiging aan die Eenheid vir Taalfasilitering en
Bemagtiging vir die ruim fnansiële ondersteuning sowel as die borgskap van die
ATKV, wat sedert die 2009-uitgawe aan boord gekom het.
L.T. du Plessis (Redakteur)
Bloemfontein
Oktober 2013
ii1. Inleiding
In 2010 is die bal uiteindelik aan die rol gesit om ʼn nasionale taalwet daar te stel.
Taalwetgewing is nie ʼn nuwe konsep in die Suid-Afrikaanse reg nie. Dit kan
te

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents