Dis my naam
43 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
43 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Rorisang en haar tweelingbroer, Morena, kan nie glo hulle moet na 'n nuwe skool toe gaan nie. Hulle ou skool was reg oorkant die straat, en almal daar weet wie hulle is! Wat as hulle nie maats maak nie? Wat as hulle wegraak tussen al die vreemde gesigte? Kort voor lank kom die tweeling voor nuwe uitdagings te staan - en hulle ontdek nuwe talente! Maar sal Rorisang haar stem vind en haar stempel behoorlik kan afdruk?

Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 07 septembre 2021
Nombre de lectures 0
EAN13 9781776250752
Langue Afrikaans
Poids de l'ouvrage 1 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,0316€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

Pan Macmillan Kinderboeke
www.panmacmillan.co.za


Lys van name in die storie en hul betekenis
Ayesha : Opgewek
Alicia : Adel
Anusha : Beeldskone oggend
Aviwe : Hulle is gehoor
Banzi : Breed
Caster : Bewer
Evan : God is genadig
Evelyn : Lewe
Isla : Eiland
Jacob : Om te volg
Leila : Nag
Lerato : Liefde
Ludo : Lig
Matthew : Geskenk van God
Morena : Koning
Noelene : Kersfees
Pravesh : Ingang
Ratu (Moratuwa) : My geliefde
Rorisang : Prys
Solomzi : Een wat oor die huis waak
Sbu (Sibusiso) : Seëning
Takalani : Wees gelukkig
Thato : Wil
Yolisa : Maak gelukkig
Yusuf : Een wat vermeerder


Hoofstuk 1
’n Ander skool
Dis die laaste dag van die skooljaar by die Laerskool Parkwood. By die laaste saalbyeenkoms laat ons skoolhoof, meneer Pope, almal lekker giggel. Hy is mal oor grappies maak.
Eers deel hy sertifikate uit aan al die kinders wat die afgelope jaar goed gevaar het in akademie, sport en kultuur. Toe almal weer hulle plekke ingeneem het, sê hy: “En nou vir ’n paar buitengewone toekennings om die Desembervakansie op ’n lekker ligte noot af te skop.” Meneer Pope lyk skoon uit sy vel daar agter die podium op die verhoog terwyl hy aankondig: “Die behoort-betyds-vir-skool-te-wees-maar-is-nooit-nie-prys gaan aan ... Rorisang en Morena ‘Mo’ Ngam!”
Dit was vanjaar een van sy gunstelinggrappies – oor ons, die Ngam-tweeling, wat die skoolklok kamma soggens as ons wekker gebruik. Mense lag lekker as hy dit vir hulle vertel, veral Papa.
Sien, ons bly reg oorkant die skool. Ons kom al hierheen vandat ons drie jaar oud was en Papa ons nog skool toe moes dra.
Almal weet van die Ngam-tweeling. Ons is soort van beroemd.
Toe ons daardie middag by die huis kom, vertel ek vir Mama en Papa van die toekenning wat ons gekry het.

Mama is glad nie beïndruk nie. “Rorisang, jy en jou broer is hopeloos te tuis in julle gemaksone.” Sy draai na Papa. “Jy ook, Banzi! Jy en daai man is sulke goeie vriende dat jy nie eens agterkom hy neem nie sy werk ernstig op nie.”
Papa en meneer Pope is groot vriende – en glo my, ek en my broer hou nie baie daarvan nie. Papa het een siwwiedag vir meneer Pope in ’n Kaizer Chiefs-trui gesien, en dit was blykbaar genoeg rede om met hom vriende te word. Dis regtig vreemd om elke nou en dan vir Papa by die skool raak te loop en dadelik te wonder of ek in die moeilikheid is – net om uit te vind hy het gou by meneer Pope kom inloer. Waaroor gesels die twee? Daar’s wraggies seker ook net sóveel wat mens oor sokker kan sê?
“Genoeg is genoeg!” verklaar Mama. Sy dreig al jare om ons na ’n ander skool te stuur. Dié keer klink sy ernstig.
Ek en Mo teken soos gewoonlik beswaar aan.
“Maar Mama, ons is gelukkig hier!” pleit ek.
“Julle spaar petrolgeld, Mama, want ons stap skool toe!” voeg Mo by.
“Ons het so baie vriende hier in ons skool, Mama, ons is beroemd!” sê ek.
“Ek dink jy bedoel berug , Rorisang,” antwoord Mama. “Die feit dat die skoolhoof grappies oor julle maak, is nie ’n goeie ding nie – en die feit dat hy iets hét om oor grappies te maak, maak dit nog erger.” Sy vou haar arms en kyk streng na ons. “Parkwood is soos ’n ou paar skoene,” sê sy. “Dit sit te styf, dit stink en die sole is al glad geloop. Dit help nie julle sny gate voorin sodat julle groottone daardeur kan steek nie; dit is tyd vir nuwe skoene.”
Ek en Mo kyk verslae vir mekaar. Dis duidelik Mama het klaar besluit.
Die laaste dag van die skooljaar was ook ons laaste dag ooit by Parkwood Primêr.
Dis amptelik, ons gaan na ’n ander skool toe.


Hoofstuk 2
Die nuwe skool
Daarna verloop die Desembervakansie nie heeltemal soos ek verwag het nie.
Ek word elke oggend wakker met ’n benoude knop op my maag. Selfs op Kersdag. Selfs die kere wat ek by my niggie gaan oorslaap. En wanneer ek by my bestie, Thato, kuier – selfs dan gaan die knop nie heeltemal weg nie.
Op die eerste dag by ons nuwe skool is die knop groter as ooit.
“’n Nuwe jaar, ’n vars begin,” verklaar Mama in die kar op pad soontoe.
Ek en Mo kreun.
The Cradle was vroeër ’n plaasskool, so, dit is ’n ent uit die dorp. Met die plat geboue en lae dakke lyk dit nog ’n bietjie soos ’n plaas. Net voor ons by die hek inry, is daar ’n deel waar die teerpad eindig en ons grond tref. Die knarsgeluid van die bande laat my dink aan die kere wanneer ons by Gogo in die Oos-Kaap gaan kuier.
Mevrou Maake, die skoolhoof, ontmoet ons in die voorportaal by die ontvangs. Sy het die langste dreadlocks wat ek in my lewe gesien het, en sy dra dit in dik vlegsels wat oor haar rug hang. Sy lyk meer soos ’n kunstenaar as ’n skoolhoof.
Sy lei ons die skoolsaal binne en gee ons ’n toer.
“Daar is drie huise by The Cradle,” lig sy ons in. “Terra, Aqua en Ignis. Ek het julle twee in Ignis geplaas.”

Die mure om ons is in die drie huiskleure geverf: die grondbruin van Terra, die waterblou van Aqua en die oranje van die Ignis-vuur.
“Kompetisie tussen die huise is straf,” gaan mevrou Maake voort. “Punte word toegeken vir uitnemendheid, en punte kan ook afgetrek word vir ’n oortreding. Jy kan byvoorbeeld ’n strafpunt kry as jy soggens laat is vir skool.”
Terwyl sy dit sê, kyk sy en Mama betekenisvol vir mekaar.
Die knop op my maag gee ’n nare draai. Sê nou ek maak nie vriende hier nie? Wat as almal klaar ’n bestie het? Ek en Thato is al van graad een af maats. Ons weet net mooi álles van mekaar! Ons hou van dieselfde musiek, ons dra dieselfde klere, ons maak selfs dieselfde grappies – sy verstáán my.
Al die pad tot by ons registerklas gesels mevrou Maake oor The Cradle en hoe dinge hier werk.

Ons registeronderwyser, juffrou Khozi, lyk jonk – asof sy ons ouer suster kon wees. Sy lyk heel cool, totdat sy die klas se aandag op my en Mo vestig nog voor ons kans kry om te gaan sit.
“Rustig nou, julle! Hier is twee nuwe leerders in ons klas,” kondig juffrou Khozi aan en beduie na ons. “Kom asseblief vorentoe en vertel vir ons wie julle is.”
Ek begin eerste praat, al weet ek nooit wat om te sê as iemand my vra om myself voor te stel nie.
“My naam is Rorisang, maar julle kan my Rori noem,” sê ek. “Ek en my broer is ’n tweeling.” Mense vind gewoonlik die tweeling-ding baie interessant.
“Rorisaaaaaang!” sing juffrou Khozi. “So ’n mooi naam. ’n Mens kry jou naam met ’n rede, weet julle?”
Rorisang beteken “prys” in Sesotho. Mo se volle naam is Morena en dit beteken “koning”. Hy is vyf minute ouer as ek. Hy vertel graag die storie oor ons geboorte op sy eie simpel manier. Volgens hom is 'n koning gebore – hyself – en kort daarna het sy suster gevolg sodat sy hom sy hele lewe lank kan prys.
Elke verjaardag moet ek luister hoe hy daai irriterende storie vertel. Ek wens regtig my ouers het ’n bietjie meer dinkwerk gedoen toe hulle ons name gekies het.
Ná ons voorgestel is, laat juffrou Khozi die hele klas opstaan, een vir een, sodat ons hulle name ook kan leer. Dit laat my ’n bietjie beter voel – ten minste is alle oë darem nie meer op ons nie.

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents