Spanmaats
40 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
40 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Morena loves his new school! There are so many fun extramural activities and games to play that he and his friends have set up their own championship. Before school starts and at break Morena and his friends plays marbles, cards, soccer and shoot hoops. After school they take the soccer online or jump into go-karts. Morena is determined to get all the points!
But it isn’t just sports that he excels at, he can come up with a rap song on the spot and has a hilarious idea for an assignment that involves bringing your favourite traditional food to school. He can’t wait to see the teacher’s reaction after the whole class experiences the effects of eating samp and beans!
If there’s one thing Morena takes seriously it is being the captain of his school’s softball team. He is good at pitching and his twin sister Rorisang is an excellent batter. But their team keeps losing! Morena isn’t scared of a challenge, he’ll try his best at any game to be a superstar. How can he help his team to do their best?
A heart-warming story that celebrates family, friendship and working together.

Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 01 juillet 2022
Nombre de lectures 0
EAN13 9781776251629
Langue Afrikaans
Poids de l'ouvrage 1 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,0280€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

Pan Macmillan Kinderboeke
www.panmacmillan.co.za


Hoofstuk 1
Tekkies op die teer
Papa het besluit ons moet soggens saam begin draf. Ek is kaptein van die sagtebalspan en Papa sê ek moet ’n voorbeeld stel en sorg dat ek fiks is as ek wil hê my span moet wen.
As jy my vra, het Papa nie al sy varkies mooi op hok nie. Ek klim gewoonlik uit die bed vyftien minute voor ons skool toe moet ry, en nou verwag hy skielik ek moet voor sonop opstaan. En die malste deel van sy plan is die feit dat hy amper net so lief is vir slaap soos ek.
“Vuka, vuka, vuka! Wakker word, Morena!” Papa bars by my kamer in terwyl hy my lig aan- en afskakel.
“Neeeeee, Papa, dis nog te vroeg,” kreun ek.
“Dis tyd vir ons draffie,” sê Papa. “Op, op, op!”
Ek sleep myself uit die bed en trek aan met my oë half toe.
Terwyl ek my veters vasmaak, voel ek hoe ek weer begin insluimer, en Papa stamp aan my om my wakker te kry.

Toe ek klaar aangetrek het, volg ek hom die oggendskemer in.
“Jou probleem is dissipline, mfana wam,” sê Papa terwyl ons by die hek uitstap. “Jy het die wêreld se talent, maar dit sal jou nêrens bring as jy heeltyd vergeet waarheen jy op pad is nie.”
Dis hopeloos te vroeg om een van Papa se projekte te wees, so, ek knik net en sleep my moeë liggaam tree vir tree vorentoe.
Terwyl ons die bult uitdraf, speel herinneringe aan ons eerste sagtebalwedstryd in my kop af. Wat ’n ramp! Ons het so sleg verloor dat selfs die ander span ons jammer gekry het. Sagtebal is ’n nuwe sport by ons skool, maar nogtans, daai pak slae was erg.
“So, watter soort leier gaan jy wees?” onderbreek Papa my gedagtes. “’n Superster of ’n spelskepper?”
“Waaat?” brom ek terwyl ek die vaak uit my oë probeer vryf.
“Supersterre het tonne talent. Hulle weet dit en hulle wys dit. Hulle inspireer ander deur die beste te wees. Of jy kan die spelskepper wees. Die een wat, ongeag sy eie talent, homself as deel van ’n span sien en die ander spelers geleenthede gee. Albei kry die ding gedoen, so, watter een kies jy?”
“Ugh, Papa. Moet ek regtig nou kies? Ek kan skaars my oë oophou,” antwoord ek.
“Moenie te lank wag nie, ou seun. Julle het klaar julle eerste wedstryd verloor. Besluit gou, of anders gaan iemand anders namens jou besluit.”
Jô. My pa moet ’n bietjie rustig raak. Hy begin nou regtig hierdie kapteinskap-ding te ernstig opneem.


Hoofstuk 2
Oefen, oefen, oefen
Ek en my tweelingsus, Rorisang, oefen die laaste tyd sagtebal by die huis. Wel, naby die huis. Mama het amper iets oorgekom toe ’n bal nou die dag rakelings oor haar kop gevlieg het.

“Morena en Rorisang, uit! Gee pad van my werf af met daai speletjie van julle! Wil julle my verongeluk?” het Mama gebulder.
So, nou oefen ons maar in die parkie ’n ent in die straat af. Ons stap saam met Papa soontoe wanneer hy van die werk af kom.
“Onthou, jy moet jou arm ’n bietjie buig,” sê Rorisang vir my. “Dis hoe jy die bal laat draai.”
“Eish, ek probeer, maar dit hou aan uit my hand glip,” sê ek met ’n sug.
Ons het al hope video’s oor sagtebaltegnieke op YouTube gekyk. Veral video’s wat veronderstel is om my te leer hoe om ’n draaibal baas te raak. As ons ons tweede wedstryd wil wen, gaan ek ’n haas uit ’n hoed moet trek.
Rorisang kolf, en goed ook. Mama se noue ontkoming met die dood wys hoe hard sy ’n bal kan moker.
“Hou jou vingers onder die bal,” sê Rorisang. “En bring jou arm nader aan jou lyf, asof jy jouself ’n drukkie wil gee!”
My suster begin nou al soos ’n YouTube-video klink.
Ná ’n ruk begin ek dit regkry. Ek begin ’n bietjie beter voel oor ons volgende wedstryd wat voorlê.
Ons oefen saans tot die son sak, terwyl Papa ons met ’n valkoog sit en dophou. Elke nou en dan gooi hy ’n opmerking van die kantlyn af in.
“Rorisang, ontspan jou greep ’n bietjie! As jy die kolf te styf vashou, kan jy nie so ver slaan nie. Ontspan. Skud jou spiere los. En wanneer jy slaan, maak seker jy’s slap genoeg om al die pad deur te swaai.”
Rorisang doen ’n lawwe wikkeldansie voor sy regmaak om weer te kolf.
“Gaan jy dit voor elke wedstryd ook doen?” vra ek met ’n laggie.
Maar ek lag nie vir lank nie.
Ek gooi die bal vir haar en sy moker dit dwarsoor die park danksy daardie nuwe greep van haar. Dit vat ons ’n ewigheid om die bal tussen die bosse te kry.
“Sien jy, Rorisang?” sê Papa met ’n glimlag. “Jy moet net ontspan.”
Dit lyk wraggies of Papa ook ’n bietjie navorsing oor sagtebalvaardighede gedoen het.


Hoofstuk 3
’n Tweede kans
Op die dag van die wedstryd kan ek nie wag om die draaibal uit te toets nie. Ek is opgewonde om te sien of ek ons teenstanders kan flous sodat hulle nie weet uit watter rigting die bal kom nie.
Ek kan ook nie help om te dink aan watter soort kaptein ek wil wees nie. Ugh, Papa se stem bly heeltyd in my kop!
Superster. Ek kies superster. Met my naam in ligte en als.
Dis ons eerste wegwedstryd. Ons moet ’n hele ent ry om by die ander span se skool te kom. Ver genoeg sodat Rorisang met ’n nuwe oorlogskreet vorendag kan kom.

Vandat ons van ons ou skool na The Cradle geskuif het, dink sy oorlogskrete uit. Toe die bus wegtrek, het Coach iets gesê oor ons span wat moet sorg dat die vonke vandag behoorlik spat, en dit het Rorisang dadelik aan die dink gesit. Teen die tyd dat ons by die ander skool se hek inry, ken ons almal haar nuwe liedjie.
“Ons is The Cradle
en ons is op pad,
maak julle reg,
want die vonke gaan spat!”
Ek moet sê, my suster ken haar storie as dit kom by liedjies uitdink. Toe ons op die veld stap, is ons almal sommer vuur en vlam om te speel.
Die ander span is goed. Vrek goed. En vinnig! Hulle balle kom soos missiele op ons afgepyl, en ons slaan mis. Keer op keer. Almal van ons sukkel om lopies op die telbord te kry, selfs Rorisang.
Ons kon netsowel by die huis gebly het, want ons kry net mooi niks reg nie. Niks werk nie. Nie die draaibal waaroor ek so opgewonde was nie, en nie ons spanwerk nie.
Ons verloor weer. Eish, eish, eish.
Toe ons ons eerste wedstryd verloor het, het Coach nogtans vir ons koek gegee om ons sagtebal-debuut te vier. Dit was regtig cool van hom, al het Papa gedink dis baie vreemd. Ek is nie seker of Coach dié keer weer in die bui gaan wees om koek uit te deel nie.
“Jô, ons was vandag nog swakker as laas!” roep Kyle uit.
“Word ons dalk beter, maar net agterstevoor om?” snork Sizwe.
Ek grinnik net floutjies. Ons spot graag met onsself, maar vandag is ek nie in die bui daarvoor nie. Ek voel regtig goor.
Coach sê nie veel ná die wedstryd nie, net dat ons regtig beter as ’n span moet saamwerk.
Die busrit terug skool toe is presies die teenoorgestelde as vanoggend. Niemand sing nie en daar word skaars gepraat – selfs Rorisang lyk moedeloos.
Wat help dit ons oefen so hard as dit geen verskil maak nie?


Hoofstuk 4
Gumba-gumbas
Maandag by die skool word ons lekker gespot oor ons vrot vertoning. Ons is vyf pelle wat pouses en voor skool saam kuier. Takalani en Niven is saam met my in juffrou Khozi se registerklas. Op my eerste dag by The Cradle is ek saam met hulle ingedeel vir ’n projek, en ons het dadelik goed oor die weg gekom. Kyle en Sizwe is in ’n ander klas, en ook in die sagtebalspan. Pouses kry ons mekaar op die sokkerveld.
“My ou, as jy maar net so goed was met sagtebal soos jy met albasters is!” treiter Takalani my.
“Ha, jy is lekker grootbek vir iemand wat laaste op die punteleer is,” kap ek terug. “Het jy hoogtevrees, of vir wat klim jy nie ’n bietjie daai punteleer nie?”
Sizwe bars uit van die lag. “Lekker, Mo, sê hom!”
Ons vyf ouens hou al weke lank ’n kompetisie. Ons tel al die punte van die verskillende speletjies wat ons graag speel bymekaar. Voor skool en pousetye speel ons albaster, kaart en sokker, en partykeer skiet ons doele op die basketbalbaan. As ons by die huis is, speel ons aanlyn sokker teen mekaar.
Sizwe is die sokker-ou. Die heel nuutste FIFA-speletjie het pas uitgekom, en ons speel dit nogal baie, so, hy het ’n hengse groot voorsprong. Niven is ook goed met FIFA, maar hy’s veral ’n yster as dit kom by basketbal – dis hoekom hy op die oomblik in die tweede plek is.

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents