Waldo en die Draak met die Groen Tong
47 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Waldo en die Draak met die Groen Tong , livre ebook

-

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
47 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Is jy gereed vir ’n skubberige avontuur?

Waldo en Connie is warm op die spoor van ’n inbreker. ’n Kosbare voorwerp word uit ’n antiekwinkel gesteel. Kan Waldo sy geheimsinnige nuwe talent gebruik om dit te probeer terugkry? Kort voor lank is hy en Connie deel van ’n holderstebolder-avontuur – en hulle ontdek ’n eeue oue geheim wat ten alle koste bewaar moet word …

Waldo and Connie are hot on the trail of a burglar. A rare item is stolen from an antique shop. Can Waldo use his mysterious new talent to get it back? Soon the two friends are part of an adventure that leads to a secret that is centuries old and needs to be guarded at all cost.


Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 01 août 2020
Nombre de lectures 0
EAN13 9781776250196
Langue Afrikaans
Poids de l'ouvrage 3 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,0280€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

Illustrasies deur Gwendolene van der Merwe
Pan Macmillan Kinderboeke
www.panmacmillan.co.za


Hoofstuk 1
PAPIERVLIEGTUIGIES EN ’N LEKKENDE TOILET
Die parkie oorkant Kruwelhof is gewild. Op ’n lekker sonnige Vrydagmiddag soos vanmiddag is daar baie mense wat met hulle honde stap, babas in stootwaentjies rondstoot of met die paadjies langs draf.
As jy dalk een van die mense is wat op hierdie Vrydagmiddag in die parkie is, en as jy dalk op hierdie oomblik opkyk ... sal jy ’n wit papiervliegtuigie oor die bome sien sweef. Die briesie wat die papiervliegtuigie oor die geel-en-oranje boomtoppe stuur, is so koel dat ’n mens sommer kan voel herfs is in die lug.
Maar waar Waldo hoog bo op die dak van die woonstelgebou sit, voel hy skaars die briesie deur sy T-hemp. Hy konsentreer hard op die stapeltjie papier voor hom. Terwyl Waldo een papiervliegtuigie ná die ander daarmee vou, hou Spanner hom met ’n frons dop.

Spanner is ’n spanjoel, en frons is iets waarmee spanjoele baie goed is.
“Waldo Loots!” sê ’n stem. “Al jou papiervliegtuie lyk presies dieselfde. Vir wat probeer jy nie ’n slag ’n nuwe ontwerp nie?”
Spanner blaf vrolik en sy stert begin swaai toe hy vir Connie sien. Waldo was so ingedagte dat hy nie eens die gepieng van die hysbak of die elektroniese wirrr -geluid van Connie se rolstoel gehoor het nie.
“Wat’s fout met my vliegtuie se ontwerp?” vra hy.
Connie skud haar kop terwyl sy nader ry. “Niks,” sê sy. “Maar dis so ... vervelig. Raak jy nie moeg daarvoor om dieselfde vliegtuigies oor en oor te vou nie?”
Waldo trek sy skouers op. “Nee,” sê hy.
Dit het hom maande en maande geneem om die perfekte papiervliegtuigie te leer vou – een wat baie ver kan vlieg sonder om neus-eerste ondertoe te duik. Dit verg baie konsentrasie en ’n hele klomp ingewikkelde voue, maar sy vliegtuigies vlieg partykeer so ver oor die straat en oor die parkie dat mens dit later nie meer kan sien nie.

Connie rol net haar oë. Waldo weet sy dink papiervliegtuie is vreeslik outyds. Connie is mal oor tegnologie. Daar’s niks wat jy haar van rekenaars en robotte en masjiene en mikroskyfies en sulke goed kan vertel nie. Sy het selfs haar eie hommeltuig, wat sy soms oor die parkie laat vlieg.
Waldo vou die vliegtuigie klaar en gooi dit oor die rand van die dak. Dit sweef grasieus deur die lug.
Waldo het dit nog nooit vir Connie vertel nie, maar partykeer verbeel hy hom die wind sal sy papiervliegtuigies al die pad tot by sy pa vat.
Toe Waldo nog ’n baba was, het sy pa spoorloos verdwyn. Die polisie het jare gelede al opgehou soek na hom. As Waldo sy oë styf toeknyp, kan hy ’n prentjie van sy pa in sy gedagtes sien: ’n breë glimlag, blou oë en ’n wilde bos bruin krulhare, nes Waldo s’n. Maar hy weet die prentjie wat hy sien, is maar net hoe sy pa op die ou foto’s in die fotoalbum lyk. Hy het sy pa eintlik nooit regtig geken nie. En tog, vreemd genoeg, partykeer voel dit of hy na hom verlang.

Connie maak keelskoon. “Uhm ... hoekom is jy vanmiddag so stil, Waldo?” vra sy. “Het jy nie dalk weer iets ... e ... gesien nie?”
“Watse iets?” brom Waldo, asof hy glad nie weet waarvan sy praat nie.
“Jy weet ... die goeters wat jy partykeer in jou kop sien,” sê Connie, en klink effe ongemaklik. “Die ... ag, man, moenie vir jou dom hou nie – jy weet tog wat ek bedoel!”
Waldo sug. Partykeer wens hy hy het liewer nie vir Connie vertel van die vreemde gedagteflitse wat hy ’n ruk gelede gekry het nie. Dit het hulle gehelp om ’n paar vermiste troeteldiere in die buurt op te spoor én ’n regte, egte weerwolf uit te snuffel. Maar Waldo het net mooi niks gehou van die vreemde dronk gevoel in sy kop en die eienaardige tonele wat hy in sy gedagtes gesien het nie. En die ergste van als is dat die tonele wáár geword het ...
“Nee, ek het nie,” sê Waldo. “En hopelik gebeur dit ook nie weer nie.”
“O,” sê Connie teleurgesteld.
Waldo is seker Connie het meer avontuurlus as gesonde verstand. Sy was vreeslik opgewonde oor die geheimsinnige briefie wat Waldo ná die onderonsie met die weerwolf gekry het. Hy het dit laat daardie Saterdagaand op sy lessenaar ontdek. Die stukkie papier was presies soos een van sy eie papiervliegtuigies gevou, met ’n boodskap in ’n skewerige handskrif binne-in geskryf:

Maar van die “nuwe avonture” waarvan daar in die briefie geskryf is, het daar niks gekom nie. Om die waarheid te sê, die opwindendste ding wat die afgelope paar dae hier in Kruwelhof gebeur het, is dat tannie Martie wat in die woonstel langs Waldo-hulle bly die eerste prys in ’n melktertkompetisie gewen het. Haar foto was selfs in die koerant – en sy het dit seker al ten minste twintig keer vir Waldo en Connie gewys.
Pieng!
Waldo en Connie kyk om toe die hysbak se deur met ’n gerammel oopgaan. Waldo se ma glimlag toe sy hulle sien.
“Hallo, Connie!” groet sy.
“Hallo, Tannie.” Connie kyk bewonderend na Waldo se ma se blou oorpak en rooi lipstiffie. Sy maak geen geheim daarvan dat sy dink Waldo het die heel coolste ma op aarde nie.

Waldo se ma is ’n loodgieter. Haar blou oorpak en bloedrooi lipstiffie is soos haar werksuniform. Daar is nie ’n lekkende kraan, stukkende geiser of verstopte drein wat sy nie kan regmaak nie. Haar hande staan vir net mooi niks verkeerd nie. Toe Connie en haar ouers ’n jaar gelede in dieselfde woonstelblok as Waldo-hulle ingetrek het, het sy ma selfs gehelp om die woonstelblok en Waldo en Connie se skool meer rolstoelvriendelik te maak.
“Waldo, ek is jammer, maar ons moet gou ry,” sê sy ma. “Die antiekwinkel in Dertiende Laan het gebel. Hulle sukkel met ’n lekkende toilet.”
Spanner spring opgewonde op toe hy die woord “ry” hoor. Bedags, terwyl Waldo in die skool is, is Spanner soos sy ma se skaduwee. Haar kliënte is mal oor die vriendelike spanjoel met die lang, slap ore. Hy help selfs om Waldo se ma se gereedskap rond te dra – sy het vir hom ’n spesiale gereedskapbelt gemaak wat oor sy rug pas.
“Mag ek saamry, tannie Linda?” vra Connie.
Waldo se ma knik. “Ek gee glad nie om nie, Connie,” sê sy. “Maar waar is Chandrelize? Moet jy nie eers by haar hoor of dit oukei is nie?”
Connie trek ’n nare gesig. “Sy het al weer aan die slaap geraak – op die rusbank, met Die Professionele Gids tot Puisies op haar gesig.”

Connie se ma en pa is altyd besig, besig, besig. Daarom huur hulle ’n oppasser om haar rond te karwei en haar smiddae geselskap te hou. Ongelukkig werk Chandrelize saans tot laat as kelnerin in ’n restaurant én sy studeer om ’n skoonheidsterapeut te word, so bedags is sy nooit heeltemal wakker nie. Sy raak gereeld op die vreemdste plekke aan die slaap. Net laas week het sy in die hoek van die hysbak aan die slaap geraak. Sy het die hele middag lank op en af gery, want die inwoners van Kruwelhof het te sleg gevoel om haar wakker te maak.
“Laat weet net jou ma en pa jy ry saam met ons,” sê Waldo se ma. “En los dalk maar vir Chandrelize ’n boodskap, sodat sy nie na jou soek as sy wakker word nie. Ek kry julle onder in die parkeerterrein – ek gaan haal net gou die Rammelkas se sleutel.”


Hoofstuk 2
VERGEET-MY-NIE
’n Paar minute later ry die Rammelkas in ’n rookwolk by die woonstelblok se hek uit. Die pienk paneelwa was in sy vorige lewe ’n roomyswa. Waldo se ma het dit gekoop en in ’n loodgieterwa verander. Teen die kant staan: Loots Loodgieters – Die Loodgieter met Lipstiffie . Oral op die paneelwa is prentjies van toilette, pype en krane geverf. Maar as jy mooi kyk, kan jy nog die woorde Ronnie se Roomys onder die verf sien deurskyn.
Spanner loer by die venster uit. Sy tong hang uit in ’n breë hondeglimlag en sy ore wapper in die wind soos twee vadoeke aan ’n wasgoeddraad.

Connie lyk net so bly oor die onbeplande uitstappie. Sy het haar ma laat weet sy gaan saam met Waldo-hulle, en toe ’n boodskap op ’n geel notapapiertjie geskryf en dit teen die slapende Chandrelize se voorkop geplak.
Die paneelwa vleg deur die besige Vrydagmiddagverkeer. Waldo se ma toet vir ’n man op ’n fiets wat reg voor hulle inry.
Trieng-ke-tjieng-ke-tjieng-tjieke-tjiek-tjieng!
Waldo en Connie proes van die lag. As mens die Rammelkas se toeter druk, begin die roomysliedjie nog steeds speel. Waldo is seker sy ma maak dit aspris nie reg nie – dis baie meer pret as ’n doodgewone toeter.
Dertiende Laan is ’n stil, vuilerige straatjie naby die middestad. Die rye winkeltjies lyk donker en verlate, en op die sypaadjies lê koeldrankblikkies, wegneemeteboksies en tjipspapiere rond.
“Hier is ons!” sê Waldo se ma en hou voor ’n gebou stil.
Waldo kyk na die voorkant van die winkel. Dit lyk nes die meeste ander winkels in die straat. Die vensters is vaalvuil en die verf skilfer van die mure af. Op die skewerige bord bo die winkel se deur staan Vergeet-my-nie .

“Gaan julle sommer hier wag?” vra Waldo se ma. “’n Lekkende toilet neem darem nie te lank om reg te maak nie.”
Waldo en Connie skud gelyk hulle koppe.
“Nee, Tannie, ons wil bietjie in die winkel rondsnuffel!” sê Connie.
Waldo se ma knik en grinnik. “Dit lyk nogal na ’n interessante plek.”
Waldo laai Connie se rolstoel uit en help haar uit die paneelwa. Die winkel se deur het ’n trappie wat te hoog is vir ’n rolstoel, maar gelukkig het Waldo se ma ’n spesiale plank-oprit gemaak wat sy altyd in die Rammelkas hou. Sy sit dit skuins teen die trap en Connie ry by die deur in.

Iewers lui ’n klokkie toe hulle binnegaan. Dit is skemer in die winkel. Waldo trek sy asem diep in. Die reuk van stof, politoer en ou goed hang in die lug.
Spanner kom agter hulle aangestap met sy spesiale gereedskapbelt oor sy rug. Skielik kyk hy op en begin benoud blaf.
Waldo kyk verbaas op en glimlag. “Toemaar, honne,” sê hy en vryf oor Spanner se slap ore. “Dis maar net ’n opgestopte uil.”
Uit die dak hang ’n uil met goudgeel oë, oopgespreide vlerke en uitgestrekte pote. Dit lyk asof hy

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents