Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie
107 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie , livre ebook

-

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
107 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?
Kan jy die alfabet van A tot Z burp?
Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg?
Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou?
Wat is die moeilikste vraag op aarde? Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie SKREEUSNAAKSE rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs! Meer as 60 rympies wat gewaarborg is om jou lagspiere hope oefening te gee. Briljant vir eisteddfods!


Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 06 avril 2020
Nombre de lectures 0
EAN13 9781776250158
Langue Afrikaans
Poids de l'ouvrage 2 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,0400€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

Pan Macmillan Kinderboeke
www.panmacmillan.co.za



AS JY ...

As jy die hele alfabet
van A tot Z kan burp,
as jy ’n string spaghetti
deur jou neus kan opslurp,
as jy elke liewe grap
in die grappieboek ken,
as jy lag-lag ’n poetsbak-
kompetisie kan wen,
as jy die skoolhoof
kan laat nagmerries kry ...
dan is jy beslis
die perfekte vriend vir my!


EK WIL NOU NIE SNAAKS WEES NIE

Ek wil nou nie snaaks wees nie.
Nee, regtigwaar, ek wil nie.
Ek wil nie weer die hele klas
laat skaterlag en brul nie.
Juffrou het genoeg gehad;
ek is seker sy sal skel
as ek dit gaan waag
om gou nóg een te vertel.
Selfs my ma en pa is nou
ietwat moeg daarvoor ...
Maar wag net so ’n bietjie:
Het jul al hiérdie een gehoor?
Ek kan dit net nie help nie.
Ek wil SO graag ernstig wees.
Maar ek het pas die wêreld
se snaaksste grappieboek gelees!


HOU OP OM JOU TOONNAELS TE KOU

Ag nee, man, hou op
om jou toonnaels te kou!
Dis ’n nare gewoonte
wat sleg is vir jou.
As jy aanhou daarmee
gaan jou tone naar lyk.
As jy aanhou daarmee
gaan jou asem goor ruik.
Dalk verrek jy jou nek
of jou enkel verstuit.
Daar’s ’n kans dat jy dalk
selfs jou tone afbyt!
Dit is sleg vir jou tande.
Dis ’n slegte idee
om jou toonnaels te kou,
jy moet ophou daarmee ...
Nee!
Goeie genugtig!
Wat vang jy nou aan?
Wag!
Ek dink jy’t my dalk
verkeerd verstaan.
Ek weet sowaar nie
wat doen jy nóú nie ...
Ek het nie bedoel jy moet
mý toonnaels kou nie!


BARRY HET ’N BLOUOOG

Barry het ’n blouoog,
’n reuse- persblou knop.
Barry glimlag breed
en lyk baie trots daarop.
Barry het ’n blouoog.
Hoe het hy dit gekry?
Het hy met ’n skurk
of met die skoolboelie baklei?
Het hy dalk ’n sokkerbal
met sy gesig gekeer?
Of het hy ’n les
in die karateklas geleer?
Het sy pa vir hom ’n boksmal
troetelkangaroe gekoop?
Of het hy dalk maar net
in ’n deurknop vasgeloop?
Wat het met sy oog gebeur?
Hy weier om te sê ...
Ons almal wil dolgraag ’n blou-
oog soos Barry s’n hê!


EK HOU VAN BRUSSELSE SPRUITJIES

Ek hou van Brusselse spruitjies,
van bloukaas en tunapastei.
Ek hou daarvan as my wekker
my douvoordag wakker lui.
Ek hou van die lang, lang rye
wanneer ons inkopies doen.
Ek hou daarvan as ou tannies
kom kuier en my graag wil soen.
Ek hou nie van lekkers of koek nie
en roomys smaak regtig net goor.
Maar ek hou van die trotse gevoel
as my gunstelingspan verloor.
Ek hou van die reuk van vrot eiers,
die geskril van die eerste skoolklok.
Ek hou van moeilike somme.
En partykeer hou ek van jok!


EK WONDER PARTYKEER ...

Ek wonder partykeer
wat sal gebeur
as mens grondboontjiebotter
op jou kopkussing smeer,
’n hele blik stroop
in jou tekkies omkeer
of besluit om jou hare
grasgroen te kleur.
Ek wonder partykeer
hoe dit sal voel
om jou huiswerkboek
in die toilet af te spoel,
om by ’n gorilla
se hok in te breek
of vir ’n rofstoeier
tong uit te steek.
Noem my nuuskierig,
maar soms wil ek weet:
Kan mens ’n hele boks
brandrissies eet?
En wat sal gebeur
as jy op ’n dag
die skoolhoof wil kielie –
sal hy darem lag?
Ek wonder ook somtyds
hoe dit sal ruik
as jy bloukaas
vir tandepasta gebruik,
as jy Maandag vrot vis
in jou skooltas wegsteek
en dit saam met jou dra
vir die res van die week.
Is hierdie dalk vrae
wat jy ook soms vra?
Is dit die soort dinge
wat jou ook soms pla?
Wel, ek het so pas
’n slim plan gekry ...
Probeer jy dit eers,
dan vertel jy vir my!
* WAARSKUWING: Moenie enige van hierdie dinge probeer doen nie! Die skrywer van hierdie rympie aanvaar geen aanspreeklikheid as jy in die moeilikheid of in die hospitaal beland nie. Die skrywer van hierdie rympie het nog net EEN van die dinge probeer wat hier genoem word. Die skoolhoof het toe nie gelag nie.


’N PAAR IDEES VIR JOU NEUS

Druk jou neus in ’n snesie.
Druk jou neus in ’n boek.
Druk jou neus in ’n sny
sjokoladekoek.
Druk jou neus in ’n sokkie.
Druk jou neus in ’n skoen.
Gaan druk jou neus
in ’n waatlemoen.
Druk jou neus in die mid-
del van ’n swaardvegles.
Gaan druk jou neus
in ’n rooimiernes.
Druk jou neus in koffie.
Druk jou neus in tee.
Druk jou neus in die lug.
Druk jou neus in die see.
Druk jou neus in ’n boks.
Druk jou neus in ’n blik.
Maar hou op om jou neus in my sake te druk!


KAN NIE KLA NIE

Hoe gaan dit? vra jy.
Ag nee, kan nie kla nie.
Dis net my ou knie
wat nie ophou met pla nie.
Die winter was ysig,
ek is bly dis verby,
maar lente gaan my
nou weer hooikoors laat kry.
Gister se reënbui
was regtig te nat.
En ek hoor daar’s al weer
’n droogte op pad.
Al die nuus wat ek lees,
steek my dwars in die krop,
en, sowaar, die koerant
se prys is weer op!
Ons span het die naweek
weer vrotsig gespeel.
Maar wat sal dit help
om tog daaroor te neul?
Ek kry veels te min slaap,
rol rond in die nag.
My matras is te hard
en my kussing te sag.
Maar my krampe, my kwale,
die gekrap in my keel,
my sooibrand en skete
sal jou net verveel.
En die ingroeitoonnaels?
Moet liewer nie vra nie!
Maar verder ... Ag nee,
ek kan regtig nie kla nie.


DIE MOEILIKSTE VRAAG OP AARDE

Daar is een ding op hierdie aarde
wat ek eerlikwaar nie kan verstaan nie.
Daar’s geen ander raaisel onder die son
wat my so verskriklik dronkslaan nie.
Dis ’n kwessie wat my kan laat kopkrap
tot ek voel hoe my brein begin pyn.
Soms lê ek laatnag nog wakker
en tob oor dié duister geheim.
Dit is vir my onbegryplik,
’n reusegroot, diepe misterie.
Ek sou dit so graag wou uitpluis,
maar dit help nie eens ek probeer nie.
Dit is vir my onverklaarbaar,
dis ’n vraag wat ek graag met jou deel:
WAAROM SAL ENIGE IEMAND
GRAAG WIL LEER DOEDELSAK SPEEL?

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents