Rassie
177 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
177 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Rassie Erasmus is al geniaal genoem. Hy is al roekeloos genoem. Nog sy hele lewe lank het hy dinge anders gedoen. Nou, op sy kenmerkend openhartige manier, gesels Rassie oor sy lewe vol hoogtepunte en laagtepunte.

Hy onthul hoe ontwrigtend dit was om saam met ’n alkoholis-pa groot te word en gesels oor sy kinderjare op die konserwatiewe dorpie Despatch. Hy kyk terug op ’n uitblinkerloopbaan as speler wie se ingebore rugbyinstink, vermoë om ’n wedstryd anders te lees en aptyt vir harde werk hom nog altyd onderskei het. Terwyl sy spanmaats ontspan het, het hy verkies om na ure se videomateriaal te kyk om wenstrategieë uit te werk. Toe hy die geleentheid gebied is om as Springbokkaptein vir sy land uit te draf, het hy dié eer van die hand gewys.

Rassie dink terug aan die tye toe hy ’n belangrike onderdeel van die ratwerk in Nick Mallett se rekordverpletterende Springbokspan van die laat 1990’s was. Hy herroep die pyn van die 1999-Wêreldbeker en die besering wat ’n einde aan sy loopbaan as speler beteken het.

Hy bespreek sy revolusionêre afrigtingstegnieke, wat aanvanklik afgelag en toe met ope arms aangegryp is, hoe hy die rugbystrukture by die Stormers die stryd aangesê het en die respek van die Ierse aanhangers by Munster verdien het.

Rassie gesels oor sy grootste bydrae tot Suid-Afrikaanse rugby, die aanstelling van die eerste swart kaptein, Siya Kolisi, sonder ’n groot ophef of omstredenheid, en hoe die onmiddellike sukses van sy onverskrokke planne vir die effektiewe rassetransformasie van die nasionale span gelei het tot die Rugbywêreldbeker-triomf in 2019.

Lesers sal hulle verkneukel aan die agter-die-skerms-inligting oor interaksies, omstredenheid en voorheen onvertelde verhale uit ’n waarlik grensverskuiwende lewe.


Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 01 août 2023
Nombre de lectures 2
EAN13 9781770108738
Langue Afrikaans

Informations légales : prix de location à la page 0,0652€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

MACMILLAN
www.panmacmillan.co.za



Vir my ma, Maria, my susters, Martlie en Gerda, my vrou, Nikki, en my kinders, Nikki, Carli en Jani


Voorwoord
M ENSE DINK HULLE KEN MY. En ek verstaan hoekom. Ek is in die openbare oog sedert ek destyds, in 1994, vir die Vrystaat begin rugby speel het. Ek kom van die Oos-Kaapse dorpie Despatch, uit ’n nederige agtergrond, waar my wêreld ongelooflik klein was. En toe, namate my rugbyvaardighede ontwikkel het, was my naam skielik op die sportblaaie van koerante en in rugbytydskrifte, daar is op radio oor my gepraat en ek het op TV verskyn. Die wedstryde waarin ek gespeel het, is regstreeks in mense se huise uitgesaai.
Die openbare oog het aansienlik skerper op my begin val toe ek ’n Springbok geword het en later ’n afrigter wat die Curriebeker twee keer gewen het. En toe ek die Bokke afgerig en die Wêreldbeker in 2019 gewen het, het dit byna ondraaglik geword.
Met die koms van sosiale media was ek vinnig aan boord. Ek het nog altyd daarvan gehou om aan die voorpunt van sake te wees wanneer dit kom by tegnologie. Ek gebruik Twitter gereeld, partykeer om Twitter-storms en Twitter-oorloë te ontketen, en dit het die publiek groter toegang gegee tot wat ek doen en sê. Mense het dit gelees en kommentaar gelewer op wat ek te sê gehad het, en na video’s gekyk waar ek dans en die lewe geniet. Soveel mense het daardie berugte video gesien waarin ek ’n skeidsregter kritiseer. Dis alles daar buite vir die publiek om te sien en te oordeel.
Mense dink hulle ken my, en hulle vorm hul eie menings oor my. Ek het geen probleem daarmee nie. Mense kan en moet hul eie sienings hê. Natuurlik sal ek dit verkies dat daardie sienings en menings op feite gegrond is, maar ek weet die feite is nie altyd beskikbaar nie. So, mense besluit soms wat hulle van my dink op grond van iets wat eenvoudig nie waar is nie.
Om eerlik te wees, ’n groot deel van die openbare mening oor my is ver van die waarheid. Ek kom dalk voor as grootbek, eiewys, arrogant, onboetvaardig. Dit lyk dalk of ek nie ernstig is nie, of dalk ’n bietjie te veel van jol hou. Ek lyk dalk omgesukkel, ingewikkeld en befoeterd. Die lys persepsies is lank. En terwyl dié kritiek in sommige gevalle verstaanbaar, selfs geregverdig is, is baie daarvan eenvoudig verkeerd.
Mense dink ek is ’n ekstrovert, maar ek is nie. Ek vind sosiale geleenthede moeilik, en interaksie met mense wat ek nie ken nie, is vir my ongemaklik. Wanneer ek op nuuskonferensies praat, is ek senuweeagtig en ver buite my gemaksone. Natuurlik is ek nou al gewoond daaraan en ek probeer dit met ’n glimlag doen, maar dit beteken nie die situasie is makliker om te hanteer nie.
Ek sê wat ek dink wanneer ek glo ek kan ’n verskil maak. Ek verwoord my siening wanneer ek dink mense kan dinge andersins verkeerd verstaan. Ek stel myself bloot. Maar dit beteken nie ek geniet die kollig nie. Die waarheid is, agter alles is ek ’n stil, ongekompliseerde mens. Ek kan my hegte vriende op een hand tel. Ek verkies dit om privaat te wees. Ek wil nie die middelpunt van die aandag wees nie. Maar dit is nie die lewe wat ek kan lei met die loopbaan wat ek vir myself gekies het nie, en daarmee kan ek saamleef.
Mense dink hulle ken my, maar dit is nie waar nie.
Wil jy weet wie die regte Rassie Erasmus is? Kom ek vertel jou ...


1
D IE NAAM RASSIE HET LATER GEKOM. Die eerste 18 jaar van my lewe was ek net Hannie, die kort weergawe van die naam op my geboortesertifikaat: Johan. Dis ek – net Johan Erasmus. Geen ander name nie.
My ou skoolmaats en mense wat my as laaitie geken het, noem my steeds Hannie.
Despatch in die Oos-Kaap, waar ek grootgeword het, is ’n klein werkersklasdorpie, die tuiste van 40 000 mense, sowat 30 kilometer van Port Elizabeth (deesdae Gqeberha). Ek is op 5 November 1972 in die provinsiale hospitaal van die buurdorp Uitenhage gebore, net anderkant die brug oor die Swartkopsrivier. Despatch het nie ’n hospitaal gehad nie. Dis hoe klein dit is.
Die meeste mense wat op Despatch gebly het, het by die Goodyear-fabriek of by Volkswagen in Uitenhage gewerk. Hulle is trotse mense en hulle werk hard. Nooit windgat nie. Jy kon nie windgat wees op Despatch nie, want daar was niks om oor windgat te wees nie.
Ek is die jongste van drie. My oudste suster, Martlie, is agt jaar ouer as ek. Sy en haar man, Bert, en hul twee kinders woon die afgelope 20 jaar in Engeland, waar sy as maatskaplike werker by die Nasionale Gesondheidsdiens werk. Ondanks die afstand tussen ons, is ons steeds baie na aan mekaar.
Dan is daar my ander suster, Gerda, drie jaar ouer as ek, wat saam met haar man, Willie, en hul twee kinders op ’n plaas in die Baviaanskloof bly. In my grootwordjare het die plaas aan my oupa-hulle behoort, en ons het elke liewe vakansie soontoe gegaan. Die tradisie duur tot vandag voort, en ek probeer so gereeld as moontlik ’n draai op die plaas maak as ek wil wegkom van die stres van my werk. Ek en Gerda het ’n wonderlike verhouding, want die ouderdomsverskil is kleiner. Toe ek hoërskool toe is, was sy in standerd nege (graad elf).
Ná Gerda op Caledon gebore is, het my ouers na Despatch verhuis. Hulle het ’n bietjie rondgetrek voordat hulle oplaas in ’n huisie in President Reitzstraat 98 nesgeskop het. Ek onthou daardie huis so goed. Soveel goeie dinge het daar gebeur. En soveel slegte dinge.
Wanneer ek terugkyk na my lewe op Despatch, kan ek sê ek was ’n gelukkige seuntjie op daardie dorpie, met baie vriende; ek het skool geniet en ek was goed in sport. Ek het ’n liefdevolle, ondersteunende ma en twee wonderlike susters gehad. My pa was moeilik, maar ek was nogtans lief vir hom.
Kom ek vertel jou van my ingewikkelde pa, Abel Hermanus Erasmus. Hy het wel ’n bietjie rugby op skool en by die onderwysopleidingskollege gespeel, maar hy was meer kunssinnig en ’n ongelooflike musikant. My susters het daardie talente geërf. Ek het my sportvermoëns van my ma gekry. My pa het grootgeword op Sunland, 25 kilometer van Kirkwood en sowat 45 kilometer van Despatch, in die Sondagsriviervallei. Abel se pa, my oupa, het ’n ongewone werk gehad. Hy het bekend gestaan as die waterfiskaal, die ou wat die watervloei deur die besproeiingstelsels vir die sitrusplase op die oewer van die Sondagsrivier gereguleer het. Ek was mal daaroor om by hom te gaan kuier in sy kantoor met die meer as 30 stophorlosies – groot silwer nekhorlosies wat deur die regering uitgereik is en gebruik is om te bepaal hoe lank die besproeiingsluise oop moes bly. ’n Boer sou byvoorbeeld twee uur lank water kry, tot op die laaste sekonde afgemeet deur daardie groot stophorlosies wat die werkers aan ’n band om die nek gedra het.
My pa se jonger broer, Erik Erasmus, alombekend as oom Moos, het graag die storie vertel van hoe my pa een aand by die huis aangekom het met sy klere geskeur en bebloed en vol modder. Hy het gebibber van vrees. Moos, wat destyds omtrent tien jaar oud was, het gedog dis ’n monster by die hek en die hasepad gekies. Dit blyk toe my pa is raakgery deur ’n trein, wat seker baie stadig gery of hom net skrams getref het. Hy was nie ernstig beseer nie, net erg geskok oor wat gebeur het. Selfs ná my pa se dood het Moos nog gelag oor die storie van daai dag toe hy sy ouer broer vir ’n monster by die hek aangesien het.
My pa kon amper enige musiekinstrument bespeel: trekklavier, konsertina, elektriese kitaar, banjo, ukelele, noem maar op. Hy was so talentvol. As ’n musiekinstrument vir hom nuut was, kon hy dit binne ’n halfuur baasraak. Hy het in ’n orkes gespeel en was dikwels die seremoniemeester op troues en danspartytjies in die stadsaal. Hy was ’n baie slim man; hy is skool toe op die ouderdom van vier, kon klavier speel toe hy vier was, en het op 16 klaargemaak met skool.
Onder my gunstelingherinneringe is van die kere wat my pa ons gesin op ’n Sondag sou bymekaarkry om musiek te maak. Dit het nie gereeld gebeur nie, maar dit was so spesiaal. My twee susters is baie musikaal. Martlie kan sing en Gerda kan orrel en klavier speel. Ek en my ma het geen ritme nie en ons kan nie sing nie, so, ons het maar die tamboeryn en die ratels gekry, met my pa op die elektriese kitaar. Dan het ons ons eie konsert gehou. Dit was gelukkige tye, maar ongelukkig was sulke tye skaars.
My pa het sy duiwels gehad, en sy grootste duiwel was drank.
Hy sou van die werk af kom, ’n bottel Mainstay-rietspiritus oopmaak en drink tot hy omkap. Ons het ’n waskamer langs die kombuis gehad waar my pa sy Mainstay gebêre het – oftewel sy bloukop-soldaatjie, soos my ma dit genoem het, oor die blou prop. Daar was soveel van daai bottels, die meeste daarvan leeg. Wanneer my pa nugter was, het hy graag geskerts dat hy baie geld kon maak deur daai leë bottels terug drankwinkel toe te vat.
So teen sesuur se kant saans sou hy ’n bierglas vat – die soort met die kort steel – en dit halfvol rietspiritus skink. Geen ys, geen water, niks daarby gemeng nie. Net so skoon. Dan het hy dit met een teug leeggedrink en in die sitkamer gaan TV kyk. Twintig minute later sou hy terug in die waskamer wees vir nog een.
Hy het in sy onderbroek geloop, met sy boepens wat uithang, van die sitkamer na die waskamer en terug, tot die bottel leeg was of hy so dronk was dat hy nie uit sy stoel kon opstaan nie, nie kon praat nie en met niemand kon stry nie.
Dit was senutergend om hom so in sy onderbroek te sien rondloop, want ons was bang iemand sien hom so, iemand wat nie deel van ons gesin is nie. Ons het hom vir besoekers weggesteek, en my susters wou nooit kêrels huis toe bring nie.
Hy het ons nooit fisiek aangerand nie, maar sy drinkery het my bang gemaak. As hy ’n woordewisseling wou uitlok terwyl hy dronk was, het ons geweet dis beter om pad te gee. As jy met ’n dronk mens stry, gaan jy net in ’n groter argument beland. My ouers het in aparte kamers geslaap, en die beste ding wat jy kon doen, was om hom in sy kamer te kry.
Maar hy was nie

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents