Ontwikkeling van die kind en die adolessent, Die
519 pages
English

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Ontwikkeling van die kind en die adolessent, Die , livre ebook

-

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
519 pages
English
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

The development of children is one of the most fascinating wonders of life. From the moment conception takes place until the end of adolescence when the person enters the adult world, the developmental road is characterised by numerous miracles and mysteries. In this book, the authors are sharing their training and experience in the field of child psychology, not only as a clinical and counselling psychologist respectively, but also as the proud parents of two children, a grandson and a granddaughter.The target audience of this book is primarily undergraduate students in psychology, education, social work, psychiatry and related disciplines. The nature and extent of Child and Adolescent Development, however, also makes it suitable for use on the postgraduate level (especially where this field was not a focus area in the undergraduate course). Furthermore, the book contains valuable information which will be of interest to anyone who has an interest in child and adolescent development.Child psychology tells you more about your own and your children’s development. In the process, you also acquire a better understanding of other people. However, to be interesting only does not justify the existence of a science. Therefore, it is important to know what the scientific contribution of child psychology is; that is, why we study and research this interesting field. The goals of child psychology are in line with the goals of general psychology:• To describe the changes typically occurring from conception to about 18 years of age. For example: How does the unborn child develop in his or her mother’s womb? How do 2-, 7-, 12- and 16-year-olds differ? How does sexuality develop during puberty and adolescence?• To explain what causes these developmental changes. Which factors could influence the prenatal development of the baby? Which factors could influence a delay in a child’s language or cognitive development? How does peer pressure and bullying affect a child’s self-image?• To predict, based on past and present characteristics, what behaviour the child will manifest at a later stage in his or her life. For example: What is the effect of alcohol and smoking on the unborn child? If a baby starts walking at an early age, does it mean that he or she is likely to become a good athlete? Will the aggressive infant turn into an aggressive teenager? Will the curious child develop into a scientist?

Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 01 janvier 2020
Nombre de lectures 2
EAN13 9781928424536
Langue English
Poids de l'ouvrage 34 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,1000€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

Die ontwikkeling van die HumanDevelopment For Students in South Africa(A comEb-ibnoaetki(oTnweoefdeChUiitlgdaawen)d Adolescent Development&Adult Development and Ageing) KIND eBook
Dap Louw and Anet Louw
Die ontwikkeling van die Kind en Adolessent
Die ontwikkeling van die KIND en die ADOLESSENT
Eboek (Tweede Uitgawe)
Dap Louw & Anet Louw Universiteit van die Vrystaat
Die ontwikkeling van die kind en die adolessent
Uitgegee deur Sun BonaniBooks
Alle regte voorbehou
Kopiereg © 2020 (e-boek) Dap Louw & Anet Louw
E-boek Tweede Uitgawe 2020
Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm deur enige elektroniese, fotograîese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat-, band- of laserskyfopname, mikroverîlming, via die Internet of e-pos of enige ander stelsel van inligtingsbewaring of -ontsluiting. Navrae kan gerig word aan: Prof Dap Louw: <LouwDA@ufs.ac.za>
Menings in hierdie publikasie weerspieël nie noodwendig dié van die uitgewer nie.
‘n Spesiale woord van dank aan ons Amerikaanse kuber-vriendin Joni Rose vir die toestemming om haar skilderyChildren on the Beachas voorbladfoto te gebruik (sien http://www.joniroseîneart.com/).
ISBN 978-1-928424-53-6 (e-book)https://doi.org/10.18820/9781928424536
Die aanbevole verwysing na hierdie boek is:
Louw, D. & Louw, A. (2020).Die ontwikkeling van die kind en die adolessent(eBook). Bloemfontein: SUN BONANI SCHOLAR. https://doi.org/10.18820/9781928424536
Hierdie boek is opgedra aan Antoinette, Dappie, Janine, Dian en Mia
VOORWOORD Dieontwikkeling van kindersVan die oomblikis een van die merkwaardigste prosesse van die lewe. wat bevrugting plaasvind tot aan die einde van adolessensie wanneer die persoon die volwasse wêreld betree, word die ontwikkelingspad gekenmerk deur talle wonderwerke en misteries. Ons wil baie graag ons opleiding en ondervinding in kindersielkunde met jou deel, nie net as ‘n kliniese en voorligtingsielkundige onderskeidelik nie, maar ook as die trotse ouers van twee kinders, ‘n kleinseun en ‘n kleindogter.  By die lees van die boek moet die volgende deurentyd in gedagte gehou word:Die media, en ongelukkig ook talle handboeke, is geneig om die ontwikkeling van die kind en die adolessent aan te bied asof alle kinders en adolessente volgens ‘n sekere formule ontwikkel. So ‘n aanbieding of standpunt verloën egter een van die belangrikste beginsels van die sielkunde –elke mens, en daarom ook die kind en adolessent, is uniek.en ander belangstellendes in menslike Studente gedrag moet daarom deurgaans besef dat navorsing en ander soortgelyke kennis oor die mens as hoofsaaklik ‘gemiddeldes’ of riglyne beskou moet word. Daar moet veral daarteen gewaak word dat onnodige etikette gekoppel word aan kinders en adolessente wat nie aan voorafopgestelde formules of verwagtings voldoen nie. Die uniekheid van die mens is ‘n kosbare kleinood wat onderskraag en gekoester moet word. Die geringskatting van hierdie kernwaarheid kan maklik tot gevolg hê dat uniek-waardevolle potensiaal verlore gaan.Dieteikenmark van die boek is hoofsaaklik voorgraadse studente in die sielkunde, opvoedkunde, maatskaplike werk, psigiatrie en verwante terreine. Die aard en omvang vanDie Ontwikkeling van die Kind en Adolessentbring egter mee dat die boek ook met vrug op nagraadse vlak gebruik kan word (veral waar hierdie terrein nie ‘n fokus-area op voorgraadse vlak was nie). Die boek bevat uiteraard ook waardevolle inligting aan almal wat ‘n belangstelling het in die ontwikkeling van kinders en adolessente. Onsbelangrikste doelwittemet hierdie boek is die volgende: 1)Ons is deeglik bewus van die feit dat inligting oor die ontwikkeling van die kind en adolessent in oorvloed beskikbaar is in die media soos die Internet, tydskrifte en koerante. Hierdie inligtingsontploffing het egter ‘n probleem van sy eie geskep: dit is baie moeilik om die korrels van die kaf te skei. Die onvermydelike gevolg is dat talle studente wat nuut is in hierdie veld steeds glo aan onbewese ‘feite’, terwyl talle ouers selfs hul kinders grootmaak volgens beginsels wat dikwels nie meer as slegs volksoorlewerings is nie. Ons probeer nie voorgee dat sielkunde al die antwoorde het nie. Ons word inderwaarheid op ‘n daaglikse basis daaraan herinner dat baie meer navorsing nodig is alvorens die laaste woord gespreek kan word. Dit is dan ook waarom een van die doelwitte van hierdie boek is om die leser van die jongste wetenskaplike inligting te voorsien.2)Een van ons belangrikste oogmerke is om die boek so relevant as moontlik te maak ten opsigte van die unieke Suid-Afrikaanse situasie. Dit bly vir ons verstommend om te sien hoeveel studente, insluitende diegene wat vir sielkunde inskryf, opgelei word vir ‘n professie in Suid-Afrika – deur gebruik te maak van internasionale en veral Amerikaanse handboeke wat feitlik geen relevansie en daarom geen praktiese toepassingswaarde het nie (behalwe vir die studente om hul eksamens te slaag.) Ons het daarom baie moeite gedoen omplaaslike navorsingsdata
3)
a)
en Suid-Afrikaanse voorbeelde op te spoor en in te sluit. Dit was nie ‘n maklike taak nie, veral omdat sommige navorsingsdata en ander inligting byvoorbeeld deel gevorm het van ongepubliseerde verslae en proefskrifte/verhandelinge, of in relatief onbekende bronne gepubliseer is. Die soektog het egter ons verwagtinge oorskry. Dit is daarom vir ons aangenaam om hierdie resultate met jou te deel. ‘n Betekenisvolle deel van die boek steun egter steeds swaar op internasionale en veral Westerse navorsing. Daar is veral twee redes hiervoor. Eerstens kan dit nie ontken word nie dat daar sekere ‘universele waarhede’ (inligting of data wat tot ‘n mindere of meerdere mate vir die meeste of alle kulture geld) bestaan nie. Hierdie universele waarhede is deur internasionale navorsers onthul en dit sal ‘n akademiese sonde wees om hierdie belangrike bydraes te ignoreer. Tweedens is daar talle navorsingsareas in kinderontwikkeling in Suid-Afrika wat nog braak lê. Die gevolg is dat ons nie ‘n ander opsie het as om van internasionale data gebruik te maak nie. Ons wil daarom ‘n sterk beroep doen op huidige en toekomstige navorsers om ons te help om die relevansievlak van toekomstige uitgawes te verhoog deur navorsingsdata en ander inligting oor die Suid-Afrikaanse situasie onder ons aandag te bring. Ons is dit aan ons studente, kollegas en ander belanghebbende partye verskuldig om hulle van relevante materiaal te voorsien. Ons is deeglik bewus van die feit dat die meerderheid van studente hierdie boek in hul tweede en selfs derde taal sal lees. Ons is eweneens daarvan bewus dat talle studente ‘n skolastiese agterstand het, wat die rede ook al daarvoor mag wees. Ons het daarom alles in ons vermoë gedoen om die boek soverbruiker- en veral studente-vriendelikas moontlik te maak: die skryfstyl en vlak van taalgebruik is daarom baie eenvoudig en toeganklik gehou. Vir hierdie doel het ons ook die dienste van professionele taalversorgers gebruik. Verder is nuwe konsepte en terme gedefinieer, terwyl kernwoorde in vet gedruk is. Ten einde studente in hul studies te ondersteun, is bykomende inligting in insetsels verskaf om verdere begrip en insig te bevorder. Hierdie insetsels bevat onderwerpe om kritiese denke te stimuleer, fokus op interessante SuidAfrikaanse en ander navorsing, of laat die klem val op die praktiese toepassing van die kwessies wat bespreek word. Aan die einde van elke hoofafdeling word vrae verskaf om studente met hul hersiening van die materiaal te ondersteun. ‘n Kort oorsig word aan die einde van elke hoofstuk voorsien ten einde die student se hersiening van die leermateriaal te vergemaklik.
Ten einde onswerkswysete verstaan, enkele toeligtings: Ons het besluit om dieaantal bronverwysingsin die boek in ‘n mate te verminder. Die redes was die volgende:
-
-
-
In sommige van ons ander boeke was die aantal bladsye van die lys feitlik gelykstaande aan dié van ‘n hele hoofstuk in die boek. Die koste-implikasies van ‘n onnodige gedetailleerde bronnelys spreek daarom vanself. Inligting wat beskou kan word as deel van die ‘algemene kennis’ van sielkundiges het nie deel van die verwysings uitgemaak nie. By die meeste tersiêre inrigtings word die kursus in kinderontwikkeling op eerstejaars- of tweedejaarsvlak aangebied waar dit selde van studente verwag word om die verwysings te ken of dit in eksamens te gebruik.
-Talle lesers vind ‘onnodige’ verwysings irriterend omdat dit die vloei van die sinne belemmer. Terselfdertyd erken ons egter die akademiese belangrikheid van goeie bronverwysings. Enige leser wat daarom enige inligting oor ‘n vermelde of nie-vermelde bron verlang, is welkom om ons te kontak. b) Dieverwysingstelseldie American Psychological Association word deur die meeste van sielkundiges gebruik. Weens veral die feit dat sommige van hul voorskrifte bots met taal- en ander (bv statistiese) voorskrifte in Suid-Afrika, is die APA-verwysingstelsel slegs as ‘n riglyn in hierdie boek gebruik. Ons het nietemin die kerndoel van enige verwysingstelsel nagestreef ---die maklike opsporing van bronne. c) Diebronnelys is in Engels: ‘n Belangrike rede is dat ‘n Afrikaanse vertaling die soektog na verwysings wat tradisioneel in Engelse bronne en soekenjins voorkom, sou bemoeilik. d) Watterminologiebetref: Kinden adolessent.Die titel van die boekDie Ontwikkeling van die Kind en Adolessentweerspieël die afbakening wat algemeen in die sielkunde gebruik word. Dit moet egter beklemtoon word dat ‘n kind volgens die Konstitusie van Suid-Afrika, ‘n persoon onder die ouderdom van 18 jaar is. Die juridiese definisie vankindomsluit daarom kinders van alle ouderdomme, vanaf die neonatale en babajare tot adolessensie. Hoewel ons van hierdie boek uiteraard die juridiese definisie erken, sal soms wel tussen ‘n kind en ‘n adolessent onderskei word, veral weens praktiese en akademiese redes. In die meeste gevalle sal die termkindegter gebruik word om na alle kinders van jonger as 18 jaar te verwys. Geslag.‘n Seksistiese skryfstyl gee aanstoot en ons het dit sover moontlik vermy deur die meervoudhullesekere gevalle was die meervoud egter ontoepaslik ofgebruik. In  te onnatuurlik en is ófhyófsygebruik. In ander gevalle is albei voornaamwoorde gebruik . Verwysing na rasverskillehuidige outeurs is baie sterk gekant teen die (weliswaar. Die soms onbedoelde) rassistiese oordrag van inligting wat dikwels in die media en ongelukkig ook in wetenskaplike bronne aangetref word. Veral in Suid-Afrika waar daar in die apartheidsjare dikwels gepoog is om die wetenskap in te span om diskriminerende verskille tussen rasse aan te toon, moet sodanige verskille in die huidige tydsvak met groot verantwoordelikheid aangebied word. Die outeurs het hierdie doel nagestreef. Verskeie irrelevante verwysings na rasseverskille in die vorige uitgawe is geskrap. Waar verwysings na ras en etnisiteit steeds voorkom, is die doel hoofsaaklik om die ryk en unieke verskille in ons land te erken en aan te toon. Op dieselfde wyse as wat ander interessante verskille (bv rakende geslagte en sosio-ekonomiese status) uitgewys word. Dit is van die uiterste belang dat lesers en studente die algemeen aanvaarde feit sal aanvaar ---die verskille binne een ras is net so groot en selfs groter as tussen rasse.Kleurling. Onsis deeglik daarvan bewus dat die termKIeurling sekere mense wat as sodanig geklassifiseer word, aanstoot gee. Nadat die mening van verskeie sogenaamde Kleurlinge ingewin is, is besluit om die term weens praktiese redes te behou. Die meeste Suid-Afrikaanse navorsingsverslae, asook die Sentrale Statistiekdiens en Regering gebruik steeds die kategorieKleurling.Gevolglik sal dit onnodige verwarring skep indien hierdie kategorie uitgelaat of by ‘n ander bevolkingsgroep gevoeg sou word.
Ouer/versorger.Weens faktore soos egskeiding, verlating en dood word ‘n groot aantal kinders nie deur hul ouers versorg nie. In sulke gevalle is die kinders gewoonlik in die sorg van ‘n gesins- of familielid of vriend. Omdat dit onprakties was om deurentyd albei terme te gebruik, hetouergewoonlik voorkeur geniet. Hierdie term verwys daarom in die meeste gevalle ook na die versorger. Versorgerword dikwels afwisselend gebruik en verwys dan ook na ouers en/of ander versorgers. Ten einde diesentrale tema van die ontwikkelingvan die kind en adolessent so ordelik en gestruktureerd as moontlik aan te bied, is elke hoofstuk in die volgende subtemas verdeel: • Inleiding / Oriëntering • Fisiese Ontwikkeling • Kognitiewe Ontwikkeling • Persoonlikheidsontwikkeling • Sosiale Ontwikkeling Hierdie klassifikasie word internasionaal aanvaar en sal ook bydra om die inhoud meer logies en ‘verteerbaar’ te maak. Ter afsluiting --- geen werk is sonder foute nie en kan daarom altyd verbeter word. Die huidige boek is uiteraard geen uitsondering nie.Dit sal daarom baie hoog op prys gestel word indien student en ander lesers vir ons enige aanbevelings kan deurstuur. Die belangrikste is egter dat ons hoop dat die leser hierdie boek net so verrykend sal vind as wat ons gevind het om dit te skryf. Dap Louw en Anet Louw Departement Sielkunde Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein November 2013 louwda@ufs.ac.za083 391 8331
LYS VAN MEDEWERKERSHierdie boek sou nie die lig gesien het as dit nie was vir die direkte en indirekte bydraes, terugvoer, aanbevelings en algemene ondersteuning van verskeie akademiese kollegas en ander personeel nie. Ons kan hulle kwalik genoeg bedank vir hul bystand. Die volgende kollegas het by die eerste en/of tweede uitgawe ‘n bydrae gelewer:
a) AkademiesAlberts, Charlie - Fort Hare Universiteit Andipatin, Michelle - Universiteit van die Wes-Kaap Basson, Pieter - Universiteit van Johannesburg Basson, Wilna - Universiteit van Limpopo (Medunsa kampus) Bender, Gerda - Universiteit van Pretoria Bester, Suzanne – Universiteit van Pretoria Bezuidenhout, Monique – Universiteit van Pretoria Botes, Mareza - Universiteit van Venda Botha, Anja - Universiteit van die Vrystaat Card, Melissa – Uiniversiteit van Johannesburg Cilliers, Francois - Universiteit van die Vrystaat Cockcroft, Kate - Universiteit van die Witwatersrand Coetzee, Heleen – Noordwes-Universiteit, Potchefstroom Kampus Cronje, Elsje - Universiteit van Suid-Afrika De Wet, Anneliese – Universiteit van Stellenbosch De Wet, Corene - Universiteit van die Vrystaat Du Plessis, Graham – Universiteit van Johannesburg Du Preez, Elizabeth - Universiteit van Pretoria Du Toit, Marli - Universiteit van die Vrystaat Duncan, Norman - Universiteit van die Witwatersrand Eloff, Irma - Universiteit van Pretoria Erasmus, Petro - Noordwes-Universiteit, Mafikeng Kampus Essendrup, Eugene – Universiteit van Fort hare Esterhuyse, Karel - Universiteit van die Vrystaat Ferns, Ilse - Universiteit van Suid-Afrika Fouché, Paul - Universiteit van die Vrystaat Haidula, Lea - Universiteit van Namibië Haycock, Anelia - Universiteit van Limpopo (Turfloop kampus) Idemudia, Sunday Erhabor - Universiteit van Limpopo (Turfloop kampus) Isaacs, Serena - Universiteit van die Wes-Kaap Kgantsi, Rose - Noordwes-Universiteit, Mafikeng Kampus Killian, Bev - Universiteit van KwaZulu-Natal: Pietermaritzburg Loxton, Helene - Universiteit van Stellenbosch Macleod, Catriona - Rhodes Universiteit Malefane-Tadi, Florence - Universiteit van die Vrystaat Mampane, Ruth - Universiteit van die Wes-Kaap
Meyer, Anneke - Universiteit van Limpopo (Turfloop kampus) Mohatlane, Edwin - Universiteit van die Vrystaat Naidoo, Pravani - Universiteit van die Vrystaat Niemand, Hanru - Universiteit van Stellenbosch Okoli, Naledi - Universiteit van Limpopo (Medunsa kampus) Padmanabhanunni, Anita - Universiteit van die Wes-Kaap Pedro, Anthena - Universiteit van die Wes-Kaap Prinsloo, Adri - Universiteit van Pretoria Ravgee, Champavati - Universiteit van Fort Hare: Alice Richter, Linda - Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing Roche, Steven - Universiteit van KwaZulu-Natal: Durban Westville Rose, Jenny - Universiteit van die Wes-Kaap Savahl, Shazly - Universiteit van die Wes-Kaap Schoeman, Willie - Universiteit van Johannesburg Shefer, Tamara - Universiteit van die Wes-Kaap Shino, Elizabeth - Universiteit van Namibië Thwala, Jabulani - Universiteit van Zululand Tjelele-Mqaisevan die Wes-Kaap- Universiteit , Winkie Tlali, Tsepo - Universiteit van Fort Hare: Oos-Londen Tomlinson, Mark-Universiteit van Stellenbosch Van der Merwe, Ilze - Universiteit van Johannesburg Van der Merwe, Karen - Noordwes-Universiteit, Vaaldriehoek Kampus Van Der Watt, Ronel - Universiteit van die Vrystaat Van Eeden, Chrizanne - Noordwes Universiteit: Vanderbijlpark Van Rensburg, Esmé - Noordwes Universiteit: Potchefstroom Van Rhyn, Alet - Aros Akademie Van Rooyen, Kempie - Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit Van Schalkwyk, Gerda - Universiteit van Macau Van Zyl, Erna - Universiteit van die Vrystaat Van Zyl, Henriëtte - Rhodes Universiteit Waldeck, Chantal - Universiteit van Johannesburg Wessels, Paul - Universiteit van die Vrystaat Wilbraham, Lindi - Universiteit van KwaZulu-Natal, Durban Wild, Lauren - Universiteit van Kaapstad b) Tegnies en algemeenCollett, Stephen vir fotografiese hulp Denobili, Anneke vir uitleg van die manuskrip Du Preez, Annemarie vir inligtingsoektogte Jordaan, Louise vir kontrolering van bronne Raubenheimer, Jacques vir rekenaarhulp en indeks Steyl, Danie vir Engelse taalversorging Van Wyk, Lezahne vir hulp met proeflees Cloete, Alet van die WAT vir taalkonsultasies
  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents