Augustinus
152 pages
English

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Augustinus , livre ebook

-

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
152 pages
English

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Die kuns van die lewe is nie so ingewikkeld nie. Die lewe moet net sinvol geleef word. Maar hoe? Met hierdie vraag word daar geworstel. Het ek 'n siel? Wat "besiel" my? Leef ek besield en sit daar "siel" in dit wat ek vandag doen?Die boek wil mense se oe oopmaak vir dit wat elke dag binne verhoudinge in elk geval "gebeur", en jou help om die netwerk van liefdesintimiteit en 'n besielde lewe te ontdek.

Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 06 août 2018
Nombre de lectures 0
EAN13 9781928357674
Langue English

Informations légales : prix de location à la page 0,0550€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

AUGUSTINUS

’ n Studie oor die Etiek van ’ n Kerkvader uit Afrika

J.H. V AN W Y K

Agustinus – ’ n Studie oor die Etiek van ’ n Kerkvader uit Afrika
Uitgegee deur African Sun Media onder die druknaam SUN PReSS
Alle regte voorbehou
Kopiereg © 2018 African Sun Media en die outeur
Hierdie publikasie is deur die uitgewer aan ’n onafhanklike dubbel-blinde portuurevaluering onderwerp.
Die outeur en die uitgewer het alles moontlik gedoen om kopieregtoestemming te verkry vir die gebruik van derde party inhoud en om sodanige gebruik te erken. Rig alle navrae aan die uitgewer.
Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm deur enige elektroniese, fotografiese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat-, band- of laserskyfopname, mikroverfilming, via die Internet of e-pos of enige ander stelsel van inligtingsbewaring of -ontsluiting.
Menings in hierdie publikasie weerspieël nie noodwendig dié van die uitgewer nie.
Eerste uitgawe 2018
Hersiene uitgawe 2019
ISBN 978-1-928357-66-7 ISBN 978-1-928357-67-4 (e-boek) https://doi.org/10.18820/ 9781928357674
Geset in Warnock Pro 11/14
Bandontwerp en bladuitleg en produksie deur African Sun Media
V oorbladfoto is digitaal verwerk vanuit die oorspronklike: Augustine of Hippo, Sandro Boticelli https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Augustine_of_Hippo_Sandro_Botticelli.jpg
SUN PReSS is ’n gelisensi e erde druknaam van African Sun Media. Vakkundige, professionele en navorsingswerke word onder hierdie druknaam in druk- en elektronieseformaat uitgegee.
Hierdie publikasie kan bestel word by: orders@africansunmedia.co.za
Takealot: bit.ly/2monsfl
Google Books: bit.ly/2k1Uilm africansunmedia.store.it.si (e-boeke) Amazon Kindle: amzn.to/2ktL.pkL
Besoek africansunmedia.co.za vir nadere inligting.

Hierdie publikasie is mede moontlik gemaak deur ruim finansiële bydraes van Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Noord-Wes Universiteit.

Aan Ria



Inhoudsopgawe
Voorwoord xi
Hoofstuk 1
Inleiding 1
Hoofstuk 2
Oriëntering 9
Hoofstuk 3
Fundering 51
Hoofstuk 4
Tipering 89
Hoofstuk 5
Tematisering 155
Hoofstuk 6
Uitleiding 199
Bronnelys 205
Chronologie 231
Ander publikasies van outeur 233



Voorwoord
Op 13 November 354 n.C., is daar in Afrika ’n seuntjie gebore wie se lewe en geskrifte die Westerse kultuur-, kerk- en teologiegeskiedenis radikaal sou beïnvloed en ook verlê. Hy het nooit enige formele teologiese opleiding ondergaan nie, het nooit ’n teologiese skool besoek nie, was ’n volledige selfgeleerde teoloog, maar tog het sy teologiese insigte die eeue ná hom diepgaande beïnvloed. Protestantse en katolieke teoloë beroep hulle op hom en selfs ateïste bestudeer sy werk met groot entoesiasme.
Ek het in 1953, op ’n sestienjarige ouderdom, vir die eerste keer sy naam gehoor toe ’n opvoedkundige van PUCHO, prof. JJ Snyman, ons Jongeliede Vereniging van Hoër Gimnasium Potchefstroom toegespreek het en ons van sy moeder Monnica vertel het. Na hierdie toespraak het ek nie vinnig die naam Augustinus weer gehoor nie. Ek kan nie onthou dat sy naam op teologieskool in Potchefstroom veel genoem is nie, in elk geval nie as voorgeskrewe teoloog nie. In 1974 lees ek vir die eerste keer sy Belydenisse en hierna het ek Augustinus se werk met groeiende belangstelling gelees en bestudeer. 1 Ek sal later aantoon hoekom ek so geïnteresseerd was in hom.
Omdat ek al vir drie dekades besig is met ’n studie oor Augustinus en beplan het om ’n boek oor sy etiek te skryf, het ek heimlik gehoop die oomblik sou nie aanbreek nie … die oomblik van waarom? In die voorwoord van ’n boek oor Augustinus skryf die Engelse teoloog, Carol Harrison, dat sy besluit het om ’n boek oor Augustinus te skryf “in a moment of madness.” Was hierdie dus ook “in a moment of madness”? Waarom? Omdat die aantal boeke wat hy self geskryf het en wat oor hom geskryf is, oewerloos is. Augustinus het gedurende sy meer as 40 jaar as skrywer elke jaar ’n boek van nagenoeg 300 bladsye laat verskyn.
Hoewel daar talle artikels oor die etiek van die kerkvader geskryf is, het daar lanklaas ’n boek oor hierdie onderwerp verskyn, altans waarvan ek bewus is. 2
Wanneer ek internasionale teologie konferensies bygewoon het, het ek die geleentheid benut om met kundiges oor die kerkvader te gesels en in die biblioteke navorsing te doen, byvoorbeeld: Utrecht, Amsterdam, Eindhoven, Edinburgh, Tübingen, Rostock, Romenië (Koloswar), Aix-en-Provence, Genevé, Princeton, Grand Rapids, Atlanta, Londen, Parys en Bonn. Dit beteken natuurlik nie dat wat ek hier aanbied, foutloos en kritiekvry sal (of kan) wees nie, want daarvoor loop die menings oor talle aspekte van die teologie van Augustinus te veel uiteen en is daar by elke skrywer ’n mate van subjektiwiteit wat, hoe hy dit ook al probeer vermy, tog telkens tevoorskyn tree. Daarby is daar ook heelwat (meesal kleiner) datumverskille by die lewe en werk van Augustinus.
Ek het van tyd tot tyd verskeie artikels oor bepaalde aspekte van die etiek van Augustinus geskryf wat ek in hierdie boek omgewerk en tot ’n eenheid saamgevoeg het. Dit is onvermydelik dat daar in bepaalde gevalle herhaling sal voorkom wat – hopelik – nie te steurend sal wees nie. By elke etiese tema moet immers rekening gehou word met die denkontwikkeling wat die kerkvader deurgemaak het, dus met die sienings van die jong en die ouer Augustinus. In enkele gevalle is die denklyn van Augustinus deurgetrek na die moderne tyd en word die vraag gestel watter relevansie sy etiek vandag nog inhou.
Augustinus is een van die groot name in die teologie, maar dit beteken geensins dat daar nie bepaalde kritiese vrae aan sy teologiese insigte gestel kan word nie. Daar het byvoorbeeld baie weerstand teen sy erfsonde- en predestinasieleer ontwikkel, asook teen talle van sy etiese beskouings. Daar sal later hierna gekyk word.
Wat die styl van die boek betref, het ek lank gehuiwer tussen ’n populêre of ’n wetenskaplike boek. Uiteindelik het ek besluit om die twee genres saam te voeg en ’n populêr-wetenskaplike boek te skryf, toeganklik vir die gewone leser maar ook bruikbaar vir die navorser en student. Daarom is wetenskaplike terme sover moontlik in die teks self vermy, of tussen hakies geplaas. Waar ek ’n toepaslike vertaling gebruik het, is daarna ná die afgekorte Latynse bronverwysing tussen hakies verwys. ’n Bronnelys van die boeke wat Augustinus geskryf het, word ingesluit. Agter elke bron verskyn ’n Afrikaanse vertaling en daarna ’n Latynse afkorting volgens die voorbeeld van Fitzgerald (red.) se An Encyclopedia 1999. In die voetnote word die Latynse afkorting gebruik.
By ’n geleentheid soos hierdie kan dit nie anders nie as om woorde van groot dank teenoor talle persone uit te spreek. Ek dink hier met groot dankbaarheid aan wat ek van my grootouers en ouers ontvang het en aan die meelewing van ons kinders en kleinkinders. Besondere vermelding verdien die ondersteuning en aanmoediging van my lewensmaat, Ria, wat my ook op talle navorsingsingsprojekte oor die wêreld vergesel en bygestaan het. Hartlik dank!
Ek rig ook ’n woord van dank aan ’n kollega, dr. Paul Kruger (Pretoria), wat so vriendelik was om die manuskrip voor publikasie deur te lees en waardevolle aanbevelings te maak. Hartlik dank ook aan Hester Lombard, verbonde aan die biblioteek van die Teologiese Skool Potchefstroom, vir haar hulp met die afronding van die bronnelys. Dankie ook aan my kleinseun, Duan Neiteler, vir sy hulp by die voor-finale formatering van die boek.
Sonder finansiële ondersteuning kan ’n boek nie die lig sien nie. Graag spreek ek my dank en waardering uit teenoor Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, asook die Noord-Wes Universiteit vir die ruim finansiële bydraes wat hulle gemaak het.
Groot dank ook aan AFRICAN SUN MeDIA wat die boek uitgee asook aan Emily Vosloo en Anina Joubert vir hul besondere hulp in hierdie verband.
Uiteindelik gaan ons grootste dank aan ons hemelse Vader. Hy het alles gevra, maar Hy het ook alles gegee. Sy genade in Christus is genoeg en sy krag deur sy Gees onuitputlik. Aan Hom, die Drie-enige God, al die eer. Mag sy kerk baat vind by hierdie studie en mag sy ryk kom – ook in Afrika.
My bede is dat hierdie boek diensbaar mag wees aan die kerk van Christus en die koninkryk van God in Afrika!
Amie van Wyk
1 April 2018
Pretoria
Hoofstuk 1
Inleiding
Waarom nog ’n boek oor Augustinus?
Op Woensdag, 25 September 1996, tydens ’n studieverblyf in Tübingen in Duitsland, besoek ek die befaamde en invloedryke Rooms-Katolieke teoloog Hans Küng om met hom gedagtes te wissel oor die groot kerkvader uit Afrika, Aurelius Augustinus. Küng het immers self oor die kerkvader geskryf, hoewel nie baie entoesiasties nie. 3 “Waarom jou besig hou met die teologie van ’n kerkvader wat ongeveer 1 600 jaar gelede geleef het [354-430 n.C.], daar is tog soveel beter dinge om jou mee besig te hou?”, vra Küng aan my toe ek aan hom my voorneme bekend maak. “Ons leef tog vandag in totaal ander omstandighede met ’n totaal ander wêreldbeeld as dit wat die beroemde kerkvader en biskop uit Noord-Afrika geken het. Kan ons moderne mense nog iets van sy teologie leer, iets van sy etiek?” Toe ek Küng groet en huiswaarts keer, oorhandig hy ’n half dosyn van sy eie boeke aan my, sommige met skerp kritiek teen die Katolieke Kerk.
Inderdaad, waarom juis Augustinus? Waarom juis nóú? 4 ’n Mens sou kon redeneer dat die laaste uitgebreide studie oor sy etiek meer as ’n honderd jaar gelede deur Mausbach geskryf is (1909) en dat ’n herbesinning hieroor en ’n eietydse waardebepaling daarvan tog sinvol kan wees. Dus, waarom nié?
Wie egter probeer om ’n boek

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents