Miskien is daar hoop
145 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Miskien is daar hoop , livre ebook

-

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
145 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Hoop is dikwels maar die enkele boomstomp waaraan ons kan vasklou in die rowwe stroom van die lewe. Wanneer die vastighede onder jou verdwyn en die stroom jou meesleur, dan raak die boomstomp lewensbelangrik, lewensreddend. Dis waaroor Miskien is daar hoop gaan. Hierdie boek is vir
elkeen wat die boomstomp ken en al daaraan vasgehou het, of dit miskien in die toekoms gaan nodig kry.

Informations

Publié par
Date de parution 01 octobre 2020
Nombre de lectures 0
EAN13 9781868044979
Langue Afrikaans
Poids de l'ouvrage 1 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,0025€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

Miskien is daar hoop
Dr Johann Voges
Kopiereg © 2020 Johann Voges
CLF Uitgewers
Privaatsak X19
Wellington
7654
Alle regte word voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie mag sonder vooraf toestemming van die outeur/uitgewer op enige wyse, elektronies of meganies wat insluit fotokopiëring, elektroniese opname of - berging – gereproduseer of oorgedra word nie.
Omslagontwerp en bladuitleg: Joanne Bell
Gedruk en gebind deur: Print on Demand (Pty) Ltd ISBN: 978-1-86804-497-9
Alle teksvers aanhalings is gedoen uit Die Boodskapvertaling van CUM Boeke ter wille van die duideliker bedoeling van die betrokke verse.
Johann Voges het aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hy het eers na sy MSc graad in Landbou met teologie begin en later, terwyl hy in die Lynnwood gemeente predikant was, sy DTh in praktiese teologie aan Unisa voltooi. Hy was vir 3 jaar voltydse predikant in Standerton Moedergemeente en 30 jaar in Lynnwood Gemeente. Hy was ook vir 18 jaar betrokke in sinodale werksaamhede in die Noordelike en Algemene sinode. Na sy aftrede was hy vir 7 jaar deeltyds predikant in die Sabie, Graskop en Chrissiesmeer gemeentes. Hy en Martie, met wie hy al 46 jaar getroud is, woon tans in Sedgefield waar hy gaan ‘mors’-aftree het. Hy het na sy aftrede begin skryf, waarvan hierdie die 4de boekie is wat gepubliseer word.
" Aan Mart, as ’n dankie-‘sê’ en waardering vir die geloofstorie wat ons in 46 jaar se getroudwees oor die veelkantigheid van hoop kon leer saam skrywe "
Inhoud Auteur Dedikasie Voorwoord Miskien is daar Hoop 1 Hoop het ’n eie geloofstorie Johannes 11 H i 2 Hoop is meer as net om eendag in die hemel 3 Bly hoop op God se nabywees in die paradoks 4 My hoop is op Jesus ... watter Ene? Lukas 19:2 5 Hoop maak my ’n Jesus-vriend 6 Hoop glo dat die Here doen wat Hy sê Hy sal My lewe verander die dag as my hoop en drome 8 Hoop gebeur daar waar God ’n verskil maak 9 Hoop lewe in vertroue op God wat is 10 Die kort en lank van Jona se hooploosgeit 11 My hoop se fiksgeit word getoets 12 Hoop is om God raak te loop waar jy nie verwag 13 God skryf ’n geloofstorie 14 ’n Oppieberg ervaring van waar hoop met my gaan 15 Hoop is om te weet net God alleen 16 Hoop wat sonder geloof en liefde geleef word, 17 Die Here verander die wêreld 18 In die manier hoe jy omgee 19 Hoop help jou nootvas bly 20 Miskien is daar hoop!
Guide Start of Content
" Hoop is meer as net waarvoor ek bang is
- vir wat my dalk kan oorkom
en meer as dit wat ek wens tog met my kan gebeur...

hoop vra: hoe klink my geloofstorie? al gebeur met my waarvoor ek bang is of al kry ek niks waarvoor ek wens nie! "
Voorwoord
Om met die veelkantigheid van hoop saamgeleef te leer kry is nie altyd ewe maklik nie; so met ’n mens se ouer word saam raak dit nogal meer as een keer geskud. As ek terugdink aan hoe my hoop om my kinders heel grootgemaak te kry verrinneweer geraak het, die ontdekking dat getroud bly baie moeiliker is as getroud raak en die kommer en wakker lê om jou beroeps- en finansiële-eise ge-oorleef te kry, dan torring dit nogal aan die hoop wat jy dink jy het. En dan, op ’n dag, besluit jou dogter om ten spyte van alle medikasie en praatwerk, haar eie lewe te neem … omdat sy nie kon heel raak van die stukkend wat haar oorgekom het nie. My hoop het met haar doodgaan; nie in wanhoop verander nie, maar gewoon net opgevries geraak. Dit het nogal ’n klompie jaar gevat om ontvries te raak; nie omdat ek die hoekom en waaroms oor haar dood kon verstaan of uitgerafel kon kry nie, maar omdat ek op ’n ander manier weer moes leer vertrou dat ek liefgehê is en na gekyk word. Dan, 20 jaar daarna, kom vat hierdie vriesvingers weer aan my letsel hoop as Mart met trane in die oë voor my kom staan, opgeskrik oor die doodgaan-kanker wat die dokter sê in haar kom nesmaak het. En hoe ons daarna met ons verkluimde hoop probeer beheer wat ons nie kan nie en heel kry wat vir altyd stukkend loop raak het … om dan in ons moeggeskrik te ontdek dat die moeilikste om oor gepraat te kry, is nie wat gemaak met hoe jy doodgaan terwyl jy lewe nie, maar hoe hou ’n mens aanhou lewe terwyl jy die dood in jou ronddra!
Vir baie mense is hoop daai “afwagting” of “uitsien” na wat ek dalk kan kry of mag hê. Hoe slegter dit met ons gaan of hoe groter die krisis is wat ek ervaar, hoe groter my optimisme of hoop dat dit een of ander tyd met my beter sal gaan. Vandaar die sê-ding “dat dit eers slegter moet gaan voordat dit beter kan”. In die huidige virus epidemie is die meeste mense se hoop, selfs die vroomstes onder ons, daai motivering om maniere of geleenthede te soek waardeur ons ekkegeit bevoordeel kon word of gesond en ingestop kan bly, terwyl ander maar net gehoop het hulle gaan nie dood in hulle alleen- en eenkant-wees nie. Dit lyk my ’n mens se hoop sê eintlik baie meer van hoe jy eintlik glo en nie soseer van hoe jy voel oor wat jou oorgekom het nie. Dis hoekom Thomas Merton (1915-1968) gesê het dat “wanhoop” die absolute hoogtepunt van selfbeheptheid is. ’n Mens kom by die punt wanneer jy in jou nood opsetlik jou rug draai op enige hulp van enigeen – God of mens – terwille van die siek genot om jouself ten dode jammer te kry.
Charles R Snyder (1944-2006), ’n eertydse professor in Sielkunde by die Universiteit van Kansas in die VSA, was van mening dat hoop niks anders is as die gedrewenheid of motivering wat ek nodig het om iets te kan bereik of wat ek in die hande kan kry vir wat ek nodig het om suksesvol of gelukkig te kan wees. Kaye A Herth, ’n emeritus professor by die Minnesota Staatsuniversiteit in Kanada, sien hoop eerder as iets wat te doen het met daai visie of toekomsdroom wat enige pasiënt, wat om watter rede ook al ernstig siek is, nodig het om weer gesond te wil raak ... dat hoop te make het met die vraag oor wat laat my uithou en aanhou terwyl ek nie beheer het oor wat my nou oorgekom het nie.
Hierdie alom-siening oor hoop kry ’n mens ook in die meeste godsdienste waar hoop die verwagting is dat daar iets beters op my wag as dit waarin ek my nou bevind of wat nou besig is om met my te gebeur – ’n soort “ hemel-uitsienery ” wat elkeen dan op sy eie manier ingekleur probeer kry.
As ’n mens egter deur die Bybel bladsye blaai om iets oor die verstaan van hoop raakgelees te kry, is dit opvallend dat al die woorde vir hoop wat in die Ou Testament gebruik word, en wat ’n mens, afhangende van die sin waarin die woord gebruik word, in Afrikaans op verskillende maniere kan vertaal, basies dieselfde oor hoop se verstaan te sê het. Of jy dit in Psalm 62:2 vertaal met “ek is rustig” wanneer ek by die Here is of in Psalm 130:7 met “wag op die Here” of in Job 8:14 met “hulle vertrou” op dinge wat nie veilig is nie of in Psalm 145:15 met “die oë van almal is op U gerig” of in Spreuke 13:12 met “’n verwagting” wat nie uitkom nie. Al hierdie Hebreeuse woorde vir hoop wil eintlik maar net sê: jy kan die Here vertrou of van Hom verwag dat as Hy iets belowe het sal dit gebeur soos Hy gesê het dit sal.
In die Nuwe Testament bladsye dink daaitydse mense oor hoop min of meer dieselfde as hul eweknieë in die Ou Testament – dat hoop daai verwagting of vertroue is wat ek het dat die Here doen wat Hy sê Hy sal , al gaan dit vra dat ek geduldig moet wag tot dit gebeur (Romeine 8:24-25). Oor hoe ek hierdie hoop elke dag geleef kry, sê Petrus daar iewers in een van sy briewe: “Jy hoef nooit skaam te wees om vir iemand te verduidelik van hierdie hoop wat in jou lewe nie, maar doen dit in beskeidenheid tot eer van God”. (1 Petrus 3:13 e.v.).
Hoop behoort baie meer te sê van die Here in wie ek glo en vertrou en al minder van wat ek wens om te hê of waarvoor ek bang is.
Miskien is daar Hoop
(Johann Voges 2020)
Die meeste van ons se hoop is al so opgewens oor my alewige banggeit wat nooit opraak of my spense wat ek hiermee probeer volmaak ... miskien is hoop meer as enige wens of bangraak ... selfs wyer en verder as my ekkegeit grens
Is hoop ’n inspirasie wat ek kort om bo uit te kom of is hoop sonder perspirasie gewoon net dom Is hoop ’n droom om op te staan uit wat my oorkom of is dit eerder ’n vraag oor waar my vertroue inkom Wys my hoop nie maar net waar my geloof vandaan kom en nie hoe ek voel oor wat my alles kan oorkom...
As my eie hoop so moet swaarkry met hoe my sukkel-vertroue lyk sal ek mos g’n hoopvoorbeeld kan wees vir ander wat kyk Om oral met ’n silwer-randjie-wolkerige hoop rond te loop is soos die tante gesê het soos koeihoop... dis mis op ’n hoop In ons wanhoperiggeit oor alles vertrou niemand iemand meer so flenter elkeen in sy alleengeit sonder enige teëweer Miskien lê rêrige hoop nie in ’n eksieperfeksie voorbeeld soseer maar eerder in hoe stukkendvalknieë kan opstaan en weer probeer Die verskil maak van hoop is nie net in my alleen bly hoop maar of ons saam gehoop kan kry waarnatoe ons ook al saamloop
Hoop is nie wat ek wens of vrees of graag sou wou raakloop, dis daai vertroue, dat die Here alleen weet, miskien is daar hoop, omdat Hy bereid is om die vertrouepad oral met my saam te loop
Johann Voges
September 2020
1
Hoop het ’n eie geloofstorie
Johannes 11

Hier in Johannes 11 raak ’n klomp stories nogal vervleg, van die begin van die hoofstuk toe daar die eerste keer na Lasarus verwys word (vers 1) tot hier amper aan die einde van die hoofstuk (vers 43-44) toe Jesus hom uiteindelik, vier dae na sy afsterwe, uit sy graf daar in Betanië loop roep het.
In die eerste storie kry ’n mens heelwat oor en weer pratery tussen Jesus en sy dissipels oor hoekom hulle vir die siek Lasarus in Betanië moet gaan kuier (vers 1-7), want vir die dissipels is dit net te naby a

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents