Oop Deure
178 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Oop Deure , livre ebook

-

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
178 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Oop deure is nie maar net nog ’n uitleg van die boek Openbaring nie. Dit is aktueel en toepaslik vir ons tyd. Soos dit ’n goeie eksegeet betaam, verduidelik Burger hoe die boek gespreek het tot die gelowiges vir wie dit oorspronklik geskryf is – in ’n wêreld wat totaal anders as ons s’n gelyk het. Hy bied egter ook ’n passievolle toe-eiening van die boodskap van die boek vir ons eie tyd – op so ’n manier dat ons beter insig in ons eie situasie kry en die talle geleenthede raaksien wat God vir ons hier aan die suidpunt van Afrika skep. Hy help ons inderdaad om te hoor wat die Gees vir die gemeentes van ons tyd sê.
Prof Francois Tolmie, Nuwe Testament, Universiteit van die Vrystaat.
Coenie Burger skryf: “Openbaring sê vir ons dat ons nie in die eerste plek nuwe strategieë of planne nodig het nie, maar dat ons gehelp moet word om die evangelie nuut te hoor en vir ons toe te eien”. Daarmee sit hy sy vinger op die essensie van wat nodig is vir gemeentes en predikante om vandag te hoor. ’n Weldeurdagte uitleg van Openbaring deur ’n knap teoloog.
Prof Ian Nell, Praktiese Teologie en Missiologie, Universiteit van Stellenbosch
Coenie Burger se genuanseerde lees van Openbaring as gemeente-literatuur teen die agtergrond van die Romeinse Ryk sal gelowiges en gemeentes se geestelike verbeelding opnuut aangryp oor hoe hulle vandag hul missionale roeping in uitdagende tye konkreet kan uitleef. Dit is ’n helder, tydige en weldeurdagte uitleg van Openbaring deur een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde kerkteoloë.
Prof Marius Nel, Nuwe Testament, Universiteit van Stellenbosch
Coenie Burger nooi ons om Openbaring te lees as ’n boek wat vir gestuurde gemeentes
geskryf is. Oop Deure herinner die kerk op ’n helder en direkte manier aan wie God is en aan
sy roeping en werk vir gemeentes. Die boek maak ’n belangrike bydrae tot die missionale
teologie, plaaslik en internasionaal.
Dr Lourens Bosman, Algemene Bestuurder, Algemene Sinode van die NG Kerk.

Informations

Publié par
Date de parution 01 août 2020
Nombre de lectures 0
EAN13 9781868044887
Langue Afrikaans
Poids de l'ouvrage 2 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,0027€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

COENIE BURGER


Oop deure


wat Openbaring ons oor die kerk se lewe en roeping leer



Oop deure – wat Openbaring ons oor die kerk se lewe en roeping leer
Kopiereg ©20 20 Coenie Burger
CLF Uitgewers Privaatsak X19 Wellington 7654
www.clf.co.za
Alle regte word voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie mag sonder vooraf toestemming van die outeur/uitgewer op enige wyse, elektronies of meganies – wat insluit fotokopiëring, elektroniese opname of –berging – gereproduseer of oorgedra word nie.
Taalversorger: Magdaleen du Toit
Eindredakteur: Gideon van der Watt
Omslagontwerp en bladuitleg: Red Mouse Design
Voorbladfoto: Carin van Schalkwyk
Gedruk en gebind deur: DigitalActionSA
ISBN: 978-1-86804-482-5
ISBN: (e-pub) 978-1-86804-488-7
Hi erdie boek is moontlik gemaak deur ’n skenking van die




Opgedra aan ons kleinkinders Hannah, Emilie, Kara, Wilhelm, Annabelle – en die wat nog mag kom.
Mag julle van vroeg af al verstaan dat julle aan Jesus behoort, dat Hy altyd by ons is en dat julle in Hom ’n wonderlike toekoms het.





6





7


Inhoud
Voorwoord 9
Inleiding: Elke boek het ’n storie 11
Deel I
Openbaring oor die evangelie, God se verborge bedoeling en die rol van gemeentes 17
Hoekom ons die boek Openbaring nie moet verwaarloos nie 18
Openbaring oor die missio Dei en die rol van gemeentes 29
Die w ê reld werk nie reg nie – hoekom die w ê reld Christus en die evangelie nodig het 39
Om die groter prentjie te sien: Die Een op die troon 49
Christus: die Een wat die boekrol kan oopmaak! 60
Die Heilige Gees neem die boodskap van Jesus na die uithoeke van die wêreld en skakel die gemeentes in by die proses 70
Die nuwe stad wat God voorberei – hoe dit ons lok, roep en inspireer 83
Deel II
Wat Christus deur die Heilige Gees vir die sewe gemeentes gesê het – en hoe dit gemeentes vandag kan help 95
Die Brief aan die gemeente in Efese: Harde werk en ywer vir die waarheid help min as ons ons eerste liefde vergeet 96
Die Brief aan die gemeente in Smirna: Lyding en teenspoed is deel van die kerk se lewe – maar



8


dit hoef ons nie bang te maak nie 107
Die Brief aan die gemeente in Pergamum: Hoe om op die waarheid van die evangelie te vertrou selfs as die druk erg raak 117
Die Brief aan die gemeente in Tiatira: Oor die verleidingskrag van geld en goed – en oor hoe onbeteuelde begeertes ons lewens kan verwoes 129
Die Brief aan die gemeente in Sardis: Hoekom ’n rustige, doodgewone lewe nie altyd goed is vir ons nie 139
Die Brief aan die gemeente Filadelfia: Hoe ’n gemeente met min krag getrou kan bly en geopende deure ontvang 148
Die Brief aan die gemeente in Laodisea: Hoe ’n gemeente so ver kan afdwaal dat hulle verwerplik is vir God – en hoe Christus so ’n gemeente weer nuut en bruikbaar kan maak 159
Deel III
Wat die Gees vandag vir óns en ons gemeentes sê 171
Hoe gemeentes die boek kan gebruik 172
Bibliografie 176



9


Voorwoord
Coenie Burger skryf al vir meer as drie dekades boeke wat oor ’n wye front baie invloedryk in die lewe van baie gelowiges en gemeentes was. Met die lees van die boek het ek gedink aan die donker apartheidstyd in ons geskiedenis en my eie worsteling hiermee as ’n jong gelowige. In my eie ontworsteling aan die ideologie van apartheid, is ek gehelp deur die ontdekking van die hoopvolle, goeie en betroubare toekoms wat daar in God is. Leermeesters wat my in daardie tyd baie gehelp het, het dit aan my duidelik gemaak dat jy eers die lewe verstaan as jy duidelikheid kry oor die toekoms wat daar in God is. Ek dink Oop Deure – wat Openbaring ons oor die kerk se lewe en roeping leer gaan baie gelowiges help met die nuwe uitdagings waarmee hulle vandag worstel.
Soos gewoonlik in Coenie se werke, word sy skryfwerk ook hier ondersteun deur verstommend breë Bybelse en teologiese raamwerke; hy bied vir die leser verrassende perspektiewe wat verhelderend is vir die tyd waarin ons leef. Ek skryf die voorwoord terwyl die impak van die Koronavirus soos ’n apokaliptiese golf oor die wêreld en ons land spoel. Dit word stadig duidelik dat die wêreld na die Koronavirus nie dieselfde sal wees as die wêreld voor die virus nie. Die angs kan duidelik aangevoel word in ons gemeenskappe. In sulke tye, of eintlik vir sulke tye, is die boek van Openbaring juis belangrik, sê Coenie, en moet ons daarom weer opnuut hiervan kennis neem. Nie om nog verder bang gepraat te word nie, maar om troos en hoop te ontvang op die diepste vrae van die lewe.
Die vars en nuwe insigte van die boek kom na vore omdat Coenie die betekenis van Openbaring ontsluit met ’n missionale bril. Daar word nie, soos dikwels in die verlede, mikroskopies na tekste gekyk nie, maar vanuit die perspektief van die toekoms wat God se sending (missio Dei) vir gemeenskappe in moeilike tye ontsluit. Die boek nooi jou uit om groter helderheid te kry oor wat God se toekoms inhou, en waaroor ons as gelowiges seker kan wees. Vanuit hierdie “eskatologiese” en hoopvolle perspektief, word ons dan gehelp om die huidige uitdagings van die lewe in ‘n nuwe lig te sien en hoopvol betrokke te raak en ‘n verskil te maak. Openbaring teken vir ons die buitelyne van ’n hoopvolle toekoms. Dit plaas ons in die prentjie van die hoop wat daar in God is, en só word ons getroos dat die stryd wat ons nou stry nie verlore is nie. Die hoop wat ontsluit is, is daarom nie “wishful thinking”, of ’n sessie by ’n motiveringspreker nie, maar



10


in die Drie-enige God self en die oorwinning en liefdevolle trou wat daar in Christus is.
Ek het Coenie se verduideliking van apokaliptiek, die genre van die Openbaringboek, baie verhelderend gevind. Apokaliptiese geskrifte, verduidelik hy, ontstaan gewoonlik in krisistye en gee op ’n dramatiese manier antwoorde op dieper vrae soos wat die (eind)doel van die skepping is en watter kragte en magte in beheer van die geskiedenis is. Dit is juis in krisistye, soos wat ons vandag baie akuut beleef, wat mense antwoorde soek op die vraag na waar of in wat of by wie daar HOOP gevind kan word. Krisisse het die geaardheid dat dit ons hoop op die toekoms steel. Ons raak dan maklik onseker of daar ’n toekoms is. Dit is dan wat ons beleef dat ons wêreld uitmekaar val. Daarom skuld ons dit aan mekaar om weer goeie aandag aan Openbaring te gee. As ons helderheid het oor God se toekoms met ons, kan die wêreld om ons oënskynlik uitmekaar val sonder dat ons hoop verloor. As ons met hierdie perspektief na Openbaring kyk, verduidelik Coenie, is dit ’n boek wat ons troos en energie gee in die moeilikste van tye. Openbaring troos ons nie met ’n vals belofte dat alles altyd goed sal verloop nie. Inteendeel, dit neem in ag dat dinge dikwels slegter raak as wat ons ooit kon dink. Die geskenk van Openbaring is daarom meer as net ’n soort dogmatiese greep op die toekoms. Dit het ’n sterk eksistensiële karakter. Openbaring gee ’n nuwe, hoopvolle en aangrypende verbeelding van die toekoms. Die apokaliptiese aard van die boek, teken vir ons beelde en visioene van hoe die toekoms sal lyk. Wie in moeilike tye dié prentjies van hoop kan sien, kan ’n pad uit hierdie tye vind.
Coenie verduidelik dat die bedoeling nie was dat die boek deur mense gelees moet word soos wat ons dit vandag doen nie, maar dat dit aan die gemeentes voorgelees moes word. So kon die prentjie van die toekoms in die verbeelding van die gemeente begin vorm aanneem. Byna soos wat ons vandag na “audio” boekvoorlesings luister en so ’n verbeelding vorm van die verhaal. Wie die prentjie van die toekoms helder kan verbeel, kan ook in moeilike tye hulleself gee om met toewyding te bly streef na die realisering van hierdie toekoms.
Ek is seker hierdie boek sal deur ’n wye leserskorps gelees word. Dit is ’n baie tydige boek wat as ’n Pinksterreeks gebruik kan word, maar sekerlik deur gemeentes op ander maniere gebruik sal word in reekse of deur groepe wat dit saam kan lees.
Frederick Marais Lydenstyd 2020



11


Inleiding
Elke boek het ’n storie
Agter elke boek is daar ’n storie – of soms twee of drie stories. As ek die stories kortliks vertel, gaan dit lesers help om te verstaan waarom ek die boek geskryf het en watter oogmerke ek in gedagte gehad het.
Die eerste storie begin meer as tien jaar gelede. In 2008 het ek ’n boekie geskryf met die titel Waar is Jesus nou? Dit het gegaan oor baie Christene se misverstaan van Jesus se hemelvaart. Jesus is nie weg ná die hemelvaart nie, Hy is net op ’n ander, nuwe manier by ons teenwoordig, was die groot boodskap van die boek.
Een van die boeke wat my destyds baie gehelp het met ’n dieper verstaan van die hemelvaart was Scott Dawson se Jesus Ascended . Aan die einde van die boek vertel Dawson baie kortliks van ’n proses wat hy destyds met sy gemeente deurgegaan het. Hulle het saam die sewe briewe aan die gemeentes in Openbaring gelees met die vraag wat die Here vir hulle eie gemeente wil s ê . Ons lees in Openbaring dat die kerke in die moeilike omstandighede waarin hulle was, kon ho

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents